School sportSportUpdate

Bastion-eersterugbyspan maak stem dik

Groot skole titel in hul visier na sukses in Beste-in-die-Weste-rugbyfees.

Die eersterugbyspan van Hoërskool Bastion stuur ‘n boodskap aan hul ses opponente vir die liga wat oor drie weke begin na hul groot sukses in die onlangse Beste in die Weste-rugbyfees.

Met Krugersdorp High School die gasheer van die fees was dit hul buurman in Bastion wat kookwater was.

Die eerstespan het al drie hul kragmetings met gemak gewen teen Leeuwenhof 35-7; Jabulani 57-3 en Jeugland 86-0 maar wat alles meer indrukwekkend gemaak het was die statistieke.

Bastion het altesaam 178 punte aangeteken (30 drieë) en slegs 10 punte (een drie) afgestaan.

Volgens die hoofafrigter Corneel van Dyk, was dit die ‘outjies’ se passie om goed te doen wat tot die sukses gelei het.

“Hul was baie honger om te wen en is ‘n ervare span as jy in ag neem dat minstens 70 persent van die span uit matrieks bestaan.”

Speler van die reeks aangewys was die agsteman, Ruan du Toit.

Bastion het na die afloop van hul sukses hier nou die titel vir Groot-skole in hul vizier. Hul veldtog skop af op 10 Mei weg van die huis af teen Alberton. (Sien volledige bepalings heel onder).

Gevra wat hy dink hul kanse is vir die opkomende liga het Corneel gesê “Daar gaan nie ‘n maklike wedstryd wees nie. Elke kragmeting gaan kompiterend wees. Dit is wat dit lekker maak en ek dink ons kan dit wen as ons regtig wil.”

Corneel het bygevoeg ‘n struikelblok is Helpmekaar, “Omdat die Johannesburgse-skool automaties vir die uitspeelrondtes kwailifiseer. Hulle sal beslis weer in almal se pad staan om die groot skole liga te wen.”

Volledige bepalings:

• 10 Mei tn Alberton (weg)

• 14 Mei tn Randburg (tuis)

• 17 Mei tn Linden (weg)

• 24 Mei tn Dinamika (weg)

• 31 Mei tn Riebeeckrand (tuis)

• 7 Junie tn Jan Viljoen (tuis)

Related Articles

Back to top button