Florrie-sport buig knie 8-9 teen Marais Viljoen

Rugby vaar die beste in eerste rondte van Tuks-reeks.

Hoërskool Florida se rugbyspanne het die beste gevaar in vergelyking met die ander twee wintersportsoorte – netbal en hokkie – met die afskop van die Tuks-reeks weg van die huis af teen Marais Viljoen die afgelope naweek.

Op Saterdag 15 Maart was Florries altesaam agt keer aan die wenkant en nege keer aan die verloorkant. Die rugbyspanne het veral goed gevaar, met vier rugbyspanne wat as oorwinnaars uit die stryd getree het.

Dit was net die eersterugbyspan wat ongelukkig was om met een enkele punt die knie te buig. Die eindtelling was 27-26.

Op die netbalbaan het slegs die o.14 A- en eerstenetbalspanne onderskeidelik met 17-15 en 32-22 geseëvier.

Wat die hokkie aanbetref het die eerstedogters- en seuns o.14 A-hokkiespanne teen die Oos-Randers gewen; albei met naelbyt oorwinnings van 1-0.

Florries verwelkom eerskomende Vrydag 21 Maart vir Nelspruit van Mpumalanga vir die tweede rondte van die Tuks-reeks.

Volledige uitslae teen Marais Viljoen:

Rugby:

o.14A: 34-0

o.15A: 20-18

o.16A: 27-22

2de: 14-3

1ste: 26-27

Netbal:

o.14A: 17-15

o.15A: 10-24

o.16A: 11-26

o.17A: 7-24

1ste: 32-22

Hokkie:

Dogters:

o.14A: 0-7

o.15A: 0-3

o.16A: 0-4

1ste: 1-0

Seuns:

o.14: 1-0

o.16: 0-3

1ste: 1-3

Exit mobile version