School sportSport

Florrie eerstedogtershokkiespan wen Crawford-reeks met gemak

"Ons hoop om dié jaar baie goed te vaar."

Hoërskool Florida se eerstedogtershokkiespan stuur ‘n duidelike boodskap aan hul opponente oor die komende seisoen met die gemaklike wyse waarop hulle die titel in die Crawford-reeks gewen het.

Morné Hannekom, woordvoerder van Florries vertel, “Die Crawford-reeks wat oor die naweek van 28 Februarie en 2 Maart

by Crawford College Lonehill plaasgevind het, was ter voorbereiding van die lang en kompeterende hokkieseisoen wat voorlê. Ons verwag baie van hulle hierdie hokkieseisoen.”

Skole in aksie was die gasheer Crawford College Lonehill, Hoërskool Florida, Crawford La Lucia, Trinityhouse, Redhill, Curro Aurora en Dainfern.

Florries het amper skoonskip gemaak, was dit nie vir daardie 1-1 gelykopuitslag nie. Verder het hulle al vyf hul ander kragmetings indrukwekkend gemaklik met 4-0, 4-0, 3-0, 1-0 en 1-0 gewen.

Florries was ook die enigste skool in die reeks wat op gras oefen en nie hul eie astrobaan het nie. Die skool hoop om

wel in die toekoms hul eie astrobaan te kan hê.

Maar agter ‘n goeie span is daar ‘n goeie afrigter en hy is ‘n man, boonop Engelssprekend. Sy naam is Lance Louw, ‘n

gesoute hokkiespeler wat aan die begin van 2014 as afrigter oorgeneem het.

Lance het Suid-Afrikaanse kleure en het in 2007 sy debuut gemaak. Groot toernooie waaraan hy reeds deelgeneem het sluit in die Kampioen Uitdaag-reeks in Argentinië (2009); die Afrika-beker in Ghana (2009) en die Statebondspele in Indië (2010) in.

Karin Schutte, die span se bestuurder en ‘n onderwyser by die skool sê, “Die meisies is opgewonde oor die jaar en oefen baie hard.

“Lance is ‘n groot aanwins vir die skool en ons hoop om dié jaar baie goed te vaar.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button