School sportSport

Super 16 terug in Rdpt na baie jare

1 600 atlete van 16 skole kompeteer vir glorie.

Vir die eerste keer in ā€˜n baie lang tyd is 1 600 atlete van 16 verskillende skole by die Ruimsig Atletiekstadion in aksie gesien.

Dit op Dinsdag 18 Februarie toe Hoƫrskool Roodepoort die NWU-Pukke (borg) se Interskole Atletiekbyeenkoms (wat voormalig as die Super 16 bekend gestaan het) aangebied het. Verlede jaar het die Super 16 in Polokwane en in 2012 in Potchefstroom plaasgevind.

Die 16 deelnemende skole is in twee groepe verdeel, naamlik Groep 5 wat Ben Vorster, Potchefstroom Volkskool, Pretoria Noord, Generaal Hertzog, Jan Viljoen, Montana, Hans Strijdom en Windhoek insluit, terwyl Groep 6 wat Wesvalia, Roodepoort, Schoonspruit, Springs Boys High, Springs Girls High, Bastion, Standerton en Frikkie Meyer insluit, mekaar gepak het.

Alhoewel daar plek vir net drie op die podium is, bied hierdie byeenkoms iets spesiaal ā€“ atlete wat selfs agste eindig, word punte toegeken.

Prof Herman van Schalkwyk, ā€˜n rektor van die NWU-Potchefstroomkampus het aan die begin van die spoggerige byeenkoms gesĆŖ, ā€œDit is vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit baie belangrik om op hierdie wyse by ons skole betrokke te wees.

ā€œDie byeenkoms is ā€˜n geleentheid vir atlete met talent om op gelyke vlak met mekaar te kompeteer.ā€

Die NWU-Potchefstroomkampus vier boonop sy 145ste verjaardag en hul 10de as Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit.

Herman het bygevoeg, ā€œSport is ā€˜n kernsterkte van die NWU se nie-akademiese lewe. Die universiteit kan op grond van prestasies op die sportveld met trots sĆŖ dat dit een van die top sportuniversiteite in Suid-Afrika is.ā€

Daar is ook gesĆŖ dat meer as 1 500 internasionale atlete jaarliks in die Europese winter in Potchefstroom oefen en van hul geriewe, soos die HoĆ«-prestasie-instituut (HPI) gebruik maak.

Die Record sal sy lesers op hoogte hou met die volledige resultate.

 

Vir die eerste keer in 'n lang tyd, is die Super 16 weer terug in Roodepoort gewees toe Roodies die byeenkoms aanbied, geborg deur NWU-Pukke op Dinsdag 18 Februarie.
Vir die eerste keer in ‘n lang tyd, is die Super 16 weer terug in Roodepoort gewees toe Roodies die byeenkoms aanbied, geborg deur NWU-Pukke op Dinsdag 18 Februarie.
Vir die eerste keer in 'n lang tyd, is die Super 16 weer terug in Roodepoort gewees toe Roodies die byeenkoms aanbied, geborg deur NWU-Pukke op Dinsdag 18 Februarie.
Vir die eerste keer in ‘n lang tyd, is die Super 16 weer terug in Roodepoort gewees toe Roodies die byeenkoms aanbied, geborg deur NWU-Pukke op Dinsdag 18 Februarie.
'n Roodie in aksie.
‘n Roodie in aksie.

Related Articles

Back to top button