Florries steeds positief na teleurstellende Prestige

Plaaslike skool ryg minder medaljes in as in 2013.

Vir die soveelste keer was dit krag teen krag toe Hoërskool Florida sy 19e Prestige Atletiekbyeenkoms onlangs in die UJ Stadion aangebied het.

Vrydag 14 Februarie was nou wel Valentynsdag, maar daar was beslis geen liefde onder die atlete nie.

Florries wat in 2013 ‘n goeie Prestige beleef het en meer as 20 medaljes kon inpalm (ses goud, ses silwer en nege brons) het in 2014 effens teleurgestel deur met slegs 13 medaljes terug te keer (twee goud, vyf silwer en ses brons).

Hier volg die Florrie-medaljewenners:

Goud:

• Jared Keir in die hoogspring-item vir seuns o.15: 1,70m

• Elizabith Loots in die driesprong-item vir dogters o.19: 10.50m

Silwer:

• Tino Swanepoel in die 300m hekkies-item vir seuns o.14: 43,20s

• Davan du Plessis in die 100m vir seuns o.14: 11,50s

• Kurtwill Marks in die 100m vir seuns o.15: 11,43s

• Franklin Wagner in die 100m vir seuns o.16: 10,80s

• Kyle van Huysteen in die 100m vir seuns o.17 (11,09s)

Brons:

• Tino Swanepoel in die 100m hekkies vir seuns o.14: 14,

• Ivan Chapman in die 800m vir seuns o.16: 2 min, 2,24 sek

• Werner van Aswegen in die 3 000m vir seuns o.17: 9 min, 55,59 sek

• Kyle van Huysteen in die 200m vir seuns o.17: 22,44s

• Jessica Boshoff in die gewigstoot-item vir dogters o.15: 11,49m

• Elizabith Loots in die diskus-item vir dogters o.19: 38,11m

Atlete wat hul persoonlike beste tyd of afstand verbeter het is:

• Unelle Snyman in die driesprong-item vir dogters o.19: 10,09m

• Elizabith Loots in die gewigstoot-item vir dogters o.19: 10,31m

• Genelle van Vuuren in die 3 000m vir dogters o.19: 11 min, 45.73 sek

Beste atlete vir die week: Tino Swanepoel (seuns) en Unelle Snyman (dogters)

Exit mobile version