Kruiners, Roodies laat rekords spat op atletiekveld

"Albei skole het gesorg vir groot opwinding".

Toe Laerskool Helderkruin en Laerskool Roodekrans op Donderdag 23 Januarie op die atletiekveld ontmoet was die intensie duidelik – om rekords te verbeter.

In ‘n tuisbyeenkoms vir Kruiners wat bedoel is om vir die atleiekseisoen voor te berei, is oor die tien rekords deur die skole of verbeter of ge-ewenaar.

Isobel Mitchley, woordvoerder van die Kruiners sê, “Albei skole het vir groot opwinding gesorg. Die aantal rekords wat verbeter is, is iets waarop albei skole kan trots wees.”

Wihan Steenkamp (Helderkruin) het in beide die 80 meter naelloop- en 200 meter hekkies-items vir seuns o.13 rekords verbeter met blitsige tye van 13,19 en 32,25 sekondes onderskeidelik.

Roodekrans se Antonie Pelser het die rekord in die 70 meter hekkies-item vir seuns o.10 ge-ewenaar met ‘n tyd van 14,44 sekondes. Barry Diedericks, ook van Roodekrans het die rekord in die 1 500 meter vir seuns o.13 verbeter na vier minute, 49,62 sekondes.

Diana van Zyl (Helderkruin) het almal se asems weggeslaan toe sy ‘n asemrowende drie rekords verbeter het in die 75 meter hekkies- (13,36s), 150 meter hekkies- (25,33s) en 100 meter-items (14,30s) vir dogters o.12.

Luan Swart (Helderkruin) het die hoogspringrekord vir seuns o.13 ge-ewenaar met ‘n sprong van 1,50

meter. Kristian Rossouw (Helderkruin), het ook die hoogspringrekord vir seuns o.10 verbeter met ‘n hoogte van 1,17 meter.

Die naellopers het ook vir opwinding gesorg deur rekords te verbeter. Hulle is Heinrich Verheem (Helderkruin) in die 80 meter vir seuns o.11 (11,16s) asook Luhze Potgieter (Helderkruin) in die 60 meter vir dogters o.8 (10,14s).

Talle gewigstoters ook nie op hulle laat wag nie. Roodekrans-atleet Amy Pretorius het die gewigstootrekord vir dogters o.10 verbeter na 6,38 meter terwyl Dane Roets, ook van Roodekrans die rekord in gewigstoot vir dogters o.12 na 10,32 meter verbeter het.

“Baie geluk aan al die atlete, ons is so trots op julle,” het Isobel bygevoeg.

 

Kruiner- en Roodie-atlete geniet die oomblik op die podium.
Diana van Zyl in aksie.
Gewigstoters het ook nie op hulle laat wag nie.
Exit mobile version