School sportSport

Florries se Elizabith kook in atletiek

Selfs 'n toekoms vir SA by die Olimpiese Spele word vir matrikulant voorspel.

Florries se koningin in velditems en ‘n gereelde presteerder by groot byeenkomste, Elizabith Loots, weet net nie hoe om te misluk nie.

Dié Graad 12-leerling wat veral in diskus en gewigstoot presteer, het beslis ‘n blink toekoms in atletiek – nie net vir haar skool in 2014 nie. Daar word selfs deelname aan die Olimpiese Spele in nasionale kleure vir haar voorspel.

Met die skole se atletiekseisoen in volle swang word daar baie van Elizabith verwag en die skool sien haar as ‘n staatmaker om medaljes in te ryg. Sy weet net nie hoe om teleur te stel nie en het haarself sowaar weer tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Bloemfontein (8 tot 13 Desember 2013) bewys.

Elizabith is nie net as kaptein van die Gauteng-dogtersatletiekspan aangewys wat eerste geëindig het nie maar sy het ook ‘n silwermedalje in die diskus-item vir dogters o.17 met ‘n gooi van 38,39 meter ontvang en het ‘n bronsmedalje in die gewigstoot-item vir dogters o.17 verower met ‘n afstand van 12,78 meter.

Die Gauteng Atletiekspan – waarvan sy lid was – het ook algeheel eerste geëindig en ander provinsies aan die agterste speen laat suig.

 

Elizabith in haar Gauteng-kleure.
Elizabith in haar Gauteng-kleure.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button