School sportSport

Roodies slaggereed vir atletiekseisoen, al is tyd min

Prestige en Interlaer is om die draai.

Al is tyd so effens teen hulle lyk Laerskool Roodekrans slaggereed en lus om die 2014 atletiekseisoen aan te pak.

Met die groot byeenkomste soos die Prestige op 28 Januarie en die Interlaer op 4 Februarie om die draai, is Roodies hard aan die werk om voor te berei en hul top kanditate vir die atletiekspan te kies. Roodies het reeds sedert die skole op 15 Januarie geopen het reeds aan drie byeenkomste deelgeneem – een het wel uitgereën.

Om die superatlete te identifiseer, het Roodies op Saterdag 18 Januarie hul huissport-byeenkoms aangebied voor ‘n stampvol pawiljoen met ouers, oumas, oupas en vriende. Uit die 900 leerlinge van Graad 1 tot 7 het al wat ‘n Roodie met passie deelgeneem.

Die doel van huissport volgens Marike Cronje is, “Om die seisoen amptelik af te skop, om atlete uit te dun en te identifiseer vir die Roodie-atletiekspan.

“Dit gaan nie net oor wie die beste is nie, maar ook spanbou,” het Marike bygevoeg.

“Ons het nege onnie- en nege ouerspanne gehad wat mekaar in hardloop-items uitgedaag het. Ouers het byvoorbeeld teen onderwysers gehardloop en soms teen leerlinge. Die aflos-items was veral ‘n hoogtepunt.”

Daar is dan ook ‘n groter prentjie vir kinders in die algemeen om aan sportaktiwiteite deel te neem. Wie weet, miskien is daar ‘n toekomstige Okkert Brits, Hestrie Cloete of Hezekiél Zepeng in wording en daarvoor moet kinders aan soveel sportaktiwiteite moontlik blootgestel word.

Wat die verwagtinge aanbetref vir die atletiekseisoen glo Marike dat Roodies soos altyd uitstekend sal vaar. “In 2013 het 16 van ons atlete aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem waarna drie SA’s toe was. Ons is altyd goed verteenwoordig by sulke kompiterende byeenkomste. Een waarna ons altyd uitsien is die D12 Atletiekbyeenkoms. Roodies is rerig opgewonde oor wat voorlê.”

 

Roodies is slaggereed vir die atletiekseisoen.
Roodies is slaggereed vir die atletiekseisoen.
"Het ek gewen?"
“Het ek gewen?”
'n Roodie word geluk gewens met haar prestasie.
‘n Roodie word geluk gewens met haar prestasie.
'n Roodie gee haar beste.
‘n Roodie gee haar beste.

Related Articles

Back to top button