Latest SportSportUpdate

Sables brand om eerstespan se skoene vol te staan

"Klub se diepte sal in Assupol-reeks beproef word."

Roodepoort Rugbyklub se tweedespan, Sables, brand om die eersterugbyspan se skoene in vanjaar se Assupol-reeks vol te staan.

Soos die meeste van die top klubs wat in vanjaar se Assupol-reeks gaan meeding, sal sy eerstekeuse-spelers nie in die reeks in aksie wees nie. Daar is besluit dat die Sables eerder moet gaan oorlog voer. Maar wie is die Sables eintlik en waar kom die naam vandaan?

Hoofafrigter van die Sables-span, Vic Volschenk vertel, “Die storie rondom die ontstaan van die Sables-naam word elke jaar oor en oor in kleedkamers vertel.

“In Roodepoort se rugbykringe was daar ‘n tyd in die tagtigerjare – toe die klub geweldig sterk was – toe daar elke Dinsdagaand kragmetings tussen Roodepoort se eerste- en tweedespanne plaasgevind het. Die standaard was so hoog dat daardie kragmetings die beste klubrugby-skouspel in Transvaal opgelewer het,” het Vic verder verduidelik.

“Daar is toe ook in daardie jare besluit om Roodepoort se tweederugbyspan as ‘n eerstespan in die Pirates Groot Uitdaag-reeks in te skryf maar om in die eerste liga te speel het egter nie materialiseer nie. Die Sables-naam het toe ontstaan en is van toe af behou. Nou, ongeveer 30 jaar later, het die groot dag en geleentheid vir Sables aangebreek.”

Vic sê dat die Assupol-reeks ‘n ideale geleentheid vir die spelers van Sables sal bied, en dat die diepte van die klub as geheel tot die uiterste beproef sal word. Spelers wat die Sables-trui oor hul kop wil trek sal boonop moet uithaal en wys aangesien sewe spelers wat verlede jaar vir die span uitgedraf het, moontlik ook nog vir die eerstespan gegaps kan word.

Die goeie nuus vir Vic en sy afrigtingspan is dat ten minste 19 spelers wat verlede jaar vir Sables in aksie was, bevestig

het dat hulle vir 2014 beskikbaar is.

Die Assupol-groep sal dan ook die kern vorm ter voorbereiding van Sables se aanslag in die Pirates Groot Uitdaag-reeks en Predator-kompetisie later vanjaar.

Die Sables is ook in die bevoorregte posisie om in 2013 vir die eerste keer in jare ‘n borg hê – Louis Pulzone

van Signa Academy. Die borg het ook bevestig dat hulle die Sables weer in 2014 finansieel sal bystaan.

Vic beklemtoon weereens dat enigiemand welkom is om by die klub aan te sluit.

“Die feit dat die Sables as ‘n eerstespan gaan speel, beteken dus dat ons derdespan teen tweedespanne gaan speel. Ons wil so naby as moontlik aan drie sterk groepe probeer kom. Enige spelers wat belang stel kan gerus by die oefeninge kom aanmeld.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button