Toekennings vir Poorte-1ste span vloei na puik 2013-seisoen

"Hulle was vanjaar briljant": klub.

Rugbyspelers wat vanjaar hul alles in ‘n Poorte-trui gegee het, is onlangs tydens die klub se jaarlikse prysuitdelingsfunksie beloon.

By die 30 trofeë is op Vrydagaand 8 November in die NG Kerk Florida Park se saal oorhandig terwyl die voormalige Transvaler en Poorte-ikoon, Hempas Rademeyer boonop die gasspreker was.

Vic Volschenk, een van die afrigters van Sables (Poorte-tweedespan) sê, “Hempas het ‘n motiverende toesprakie vir die jong manne gelewer. Hy was ‘n lid van die Poorte-eerstespan wat in 1989 die Nasionale Klub Kampioenskapbeker omhoog gehou het – ook die laaste Poorte-span wat dit kon doen. In die eindstryd het hy twee drieë gedruk.”

Hempas se seun, Leander Rademeyer, speel tans vir Poorte se eerstespan.

Faris Sader, Roodepoort Rugbyklub se visepresident in beheer van afrigting en ontwikkeling het bygevoeg, “Dit was ons manier om vir die spelers dankie te sê vir ‘n uitstaande seisoen. Hulle het almal goed vertoon en daar was talle spelers wat baie tot hulle spanne se sukses bygedra het.

“Ons eerstespan was vanjaar briljant en die 22-tal het goed onder die kaptein, Gerhard Scholtz vertoon. Dan moet ons ook ons hoed afhaal vir die afrigters van die span, Brian Armitage en Jorge de Carvalho wat elke jaar bly groei.

“In die geheel het die klub goed gevaar en ons kan weer breëbors rondloop weens ons status as top oopklub.”

Roodepoort Rugbyklub se byna onvergeetlike sukses in die 2013-seisoen het volgens Faris ook tot ‘n nuwe leuse aanleiding gegee naamlik, “Great teams win games, intelligent teams win championships”.

Natuurlik het die meeste sjampanje vir die eerstespan gevloei aangesien hulle vanjaar se Goue Leeus Klubkampioene is.

In die liga spog hulle met ‘n bakgat rekord van nege gespeel en nege gewen, wat oorwinnings oor grootkokkedore soos die Universiteit van Johannesburg (UJ), Wits, Raiders en Pirates insluit. Poorte het ook vir Tukkies, die 2013 Varsity Kampioene in die Predator-liga geklop maar is ongelukkig in die kwarteindstryd deur hul gereelde en bekende vyande van die Oos-Rand, Brakpan uitgeskakel. Die eerstespan het nietemin vir die tweede agtereenvolgende jaar vir die Gemeenskapsbeker in 2014 gekwalifiseer – die enigste Goue Leeus Klubspan om so te maak.

Dan het die tweedespan, wat as die Sables bekendstaan, ook hulle opponente verras met hul spoggerige vertoning vanjaar deur tweede in die Goue Leeus se Pirates-liga te eindig en tot die halfeindrondte van die Predator-liga deur te dring, waar hulle ongelukkig uitgeval het.

Die o.19’s het derde en die o.21’s sewende in vanjaar se Goue Leeus Pirates-liga geëindig.

Spelers het met die volgende toekennings weggestap:

Onder 19’s (Stefan de Koker)

• Voorspeler van die jaar: Paul Hlytyana

• Agterspeler van die jaar: Duncan de Villiers

• Speler van die jaar: Darrien Heyns

Onder 21’s (Jacques de Villiers)

• Voorspeler van die jaar: Pieter Homan

• Agterspeler van die jaar: Dominique Taute

• Speler van die jaar: Danie de Koker

Derdes (Pierre Lotriet)

• Voorspeler: Jannie Botha

• Agter: Micheal Strydom

• Speler van die jaar: André van der Merwe

Sables (Victor Volschenk en Corne van Vuuren)

• Voorspeler van die jaar: Bertus Jansen van Vuuren

• Agterspeler van die jaar: Louis Pulzone

• Spelers speler van die jaar: Michael Vermeulen

• Speler van die jaar: Adriaan Jacobs

1ste span (Brian Armitage en Jorge de Carvalho)

• Voorspeler van die jaar: Gerhard Scholtz

• Agterspeler van die jaar: Hennie Oosthuizen

• Spelers se speler van die jaar: Jesse Geyer

• Speler van die jaar: Byron Godfrey

Poorte-eerstespan se Voorspeler van die Jaar, Gerhard Scholtz.
Poorte-eerstespan se Speler wat die beste vorder: Lesego Malau.

 

Poorte-eerstespan se Speler van die Jaar.
Poorte-eerstespan se Agterspeler van die Jaar, Hennie Oosthuizen.

 

7’s Toernooi in Klerksdorp (Brian Armitage en Jorge de Carvalho)

• Speler van die toernooi: Byron Godfrey

• Span met die meeste drieë: Roodepoort

• Wenspan: Roodepoort

Ander pryse (Brian Armitage en Jorge de Carvalho)

• Provinsiaal – Lions Amateurs: Junior Gray, Senna Esterhuizen, Andre Esterhuizen, Byron Godfrey

• Provinsiaal – Senior 7’s: Travis Tarr, Dane Kieser, Lesego Malau

Wisseltrofeë

• Speler wat die beste vorder: Lesego Malau

• Belowendste speler: Mauritz van Rooyen

• Junior klubspeler van die jaar: Danie de Koker

• Toegewydste bench warmer: Clifford Vermaak

• Sportman van die jaar: Jesse Geyer

• Klubspan van die jaar: Eerstespan

• Klubspeler van die jaar: Nicky Cronje

• Voorsitterstrofee: Pierre Lotriet

Exit mobile version