School sportSport

Drie susters presteer saam in gimnastiek

Theart-sibbe verwerf almal Sentraal-Gauteng-kleure.

Die bekende sibbe van Laerskool Florida, Marelie, Janrie en Anya Theart het die familie se naam hoog gehou nadat al drie onlangs hul Sentraal-Gauteng-kleure in gimnastiek verwerf het.

Marelie het vroeg in Augustus algeheel derde geëindig toe sy in ‘n vlak 3-, klas 2-kategorie meegeding het. In haar onderskeie items het sy ‘n derde plek vir Brug, sesde op Balk, vierde op vloer en ‘n eerste plek op spronge behaal. Daarna het sy haar streek tydens die Gauteng Provinsiale Kampioenskappe (24 Augustus) verteenwoordig en vir haar provinsie deelgeneem tydens die SA Kampioenskappe wat by die Matsport Sentrum in Pretoria gehou is en goed gevaar.

Die tweede sussie, Janrie (vlak 2 en klas 1) spog met ‘n algehele tweede plek toe sy eerste op balk, tweede op brug, vierde op spronge en die vyfde plek op vloer tydens die Gauteng Provinsiale Kampioenskappe behaal het en boonop ‘n Goue Gauteng Pin ontvang het.

Anya (Vlak 1 en o.6) het algeheel negentiende geëindig en het ook ‘n Goue Gauteng Pin gekry.

Albei het gekwalifiseer om hul streek tydens die Noord-Sone Kampioenskappe in Kempton Park te verteenwoordig, en het daar uitstekend gevaar.

Janrie se eerste plek op brug, tweede op balk, goue toekenning vir haar gemiddeld, vierde op vloer en sesde op spronge het haar ‘n algehele derde plek besorg terwyl Anya se verbeterde vertoning haar algeheel vierde laat eindig het (tweede op brug, tweede op balk en sesde op vloer, en sy ontvang ‘n platinumtoekenning vir haar gemiddeld).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button