School sportSport

330 + Skuts laat waai op Florries se skietbaan

Gauteng, Noord-Kaap en Mpumalanga gryp goud.

Drie skuts van onderskeidelik Gauteng, Mpumalanga en die Noord-Kaap het hulle provinsies trots gemaak deur goud in die drie afsonderlike dissiplines van Sporter, Veer en Presisie tydens ‘n SA-skolebyeenkoms in te palm wat onlangs by Hoërskool Florida (Florries) se skietbane plaasgevind het.

Gedurende die afgelope skoolvakansie (van 22 tot 25 September) het meer as 330 skuts van regoor die land Roodepoort toe gereis om deel te neem aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie (Sanssu) se Nasionale Skietkampioenskappe.

Elizke du Toit van Hoërskool Prieska in die Noord-Kaap het die manne gewys waar Dawid die wortels gegrawe het deur eerste in die Presisie-afdeling te eindig met ‘n spoggerige finale telling van 100,2 en ‘n groottotaal van 1660,2 gevolg deur Hoërskool Linden se Jacques Pienaar, wat net-net die tweede plek beklee het (98,4 en 1649,4). Kort op sy hakke was Tanya Snyders van Hoërskool Kempton Park met ‘n telling van 98,6 en 1647,6. Dit is die tweede keer dat Elizke so ‘n prestasie behaal. Sy het in 2011 ook eerste gekom toe die byeenkoms in die Wes-Kaap aangebied is.

In die Veer-afdeling het nog ‘n dogter, Mari Myburgh (KZN) weer die hef in die hand gehad en met ‘n finale telling van 89,1 en groottotaal van 1419,1 eerste gekom. Daiyaan Raymond (GSSU) was tweede (81,3 en 1412,3) en Wouter Wassenaar (MP) derde met ‘n telling van 74,9 en 1361,9.

Christo Coetzee van die Vrystaat het tot die manne se redding gekom en die Sporter-afdeling met ‘n telling van 94,7 en groottotaal van 1569,7 gewen. Marisa Golding (MP) was tweede (86,0 en 1569,0) terwyl Dominic de Mesquita (90,6 en 1568,6) derde geëindig het.

Besoek Sanssu se amptelike webwerf by www.sanssu.co.za vir vollediger resultate.

Daar was ‘n amptelike opening op dag een (22 September) om 2nm in Hoërskool Florida se saal, gevolg deur ‘n wapeninspeksie by die skietbaan.

Die eerste skote het amptelik op dag twee geklap en het op dag vier tot ‘n einde gekom met die finale van die drie dissiplines naamlik Sporter, Veer en Presisie. Die eindstryd behels 10 skote, skouer aan skouer – nes dit gedoen word by enige Olimpiese spele.

Annerien het bygevoeg, “Indien jou kind in die sport van skyfskiet belangstel, kan jy u jou plaaslike skool kontak”.

 

Elizke du Toit word omhels deur 'n ander deelnemer in die einstryd van die Presisie-afdeling nadat sy as die wenner aangekondig is.
Elizke du Toit word omhels deur ‘n ander deelnemer in die einstryd van die Presisie-afdeling nadat sy as die wenner aangekondig is.
'n Amptenaar sit nog 'n teiken op.
‘n Amptenaar sit nog ‘n teiken op.
DIe top drie in die eindstryd van die Presisie-afdeling is Elizke du Toit (eerste), Tanya Snyders (derde) en Jacques Pienaar (tweede).
DIe top drie in die eindstryd van die Presisie-afdeling is Elizke du Toit (eerste), Tanya Snyders (derde) en Jacques Pienaar (tweede).
Elizke du Toit van die Noord-Kaap wat die eindstryd van die Presisie-afdeling loshande gewen het.
Elizke du Toit van die Noord-Kaap wat die eindstryd van die Presisie-afdeling loshande gewen het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button