Verdedigende kampioen Kenmare wen vêr, Unika geskors

Nou vir die uitspeelrondtes.

Die verdedigende Sentraal-Wes Laerskole Krieket Unie se 15/15 Aandreekskampioen, Laerskool Kenmare het hul laaste kragmeting van die eerste rondte op ‘n hoë noot afgesluit na ‘n spoggerige 140-lopieoorwinning oor Horison op Maandag 9 September.

Dit was die laaste aand van die eerste rondte. Ondersteuners en spelers wag nou angstig vir die uitkloprondte wat Maandag 16 September begin.

Wie teen mekaar nog gaan koppe stamp sal nog deur die tesourier, Anton Enslin bekendgemaak word.

Laerskool Unika, wat heel goed gelyk het in die reeks is geskors nadat dit aan die lig gekom het dat hulle met ‘n o.14-speler gespeel het. Die reeks is slegs vir o.13-spelers.

Alle wedstryde waarin hulle gespeel het, insluitend die spoggerige sege oor Constantia Kloof van 75 lopies, word nietig verklaar.

Volle uitslag op Maandag 9 September:

L/s Kenmare tn L/s Horison. Kenmare wen met 140 lopies. Kenmare 221/2 en Horison 81/3

• Kenmare met die kolf: André vd Walt 91 nun (15 viere en drie sesse), Sarel Joubert 90 (ses viere en agt sesse) en Zihan Coetzee 22 nun (twee viere en een ses).

• Horison boulsyfers: Brendon Venter se een paaltjie vir 31 lopies was die beste.

• Horison met die kolf: Warren Paterson 29 (vyf viere) en Wayne van den Berg 26 (vyf viere).

• Kenmare boulsyfers: Sarel Joubert (twee paaltjies vir nege lopies).

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version