GLRU se mengelmoes-hoërskolespanne bekendgemaak

Haaie-, Blou Bulle-, Pirates- en Leeus-uitnodigingspanne wag vir hulle.

Die Goue Leeus Rugby Unie (GLRU) het twee multiskool-spanne bekendgemaak wat die volgende twee weke op Ellis Park in aksie sal wees.

Met die Roodepoort Rugbyklub Hoërskole-reeks wat tot ‘n einde gekom het, is daar besluit om die spelers wat uitgestaan het, te beloon.

Gevolglik is twee multiskool-spanne aangewys wat Roodepoort Rugbyklub sal verteenwoordig. Albei die spanne sal met uitnodigingspanne van onderskeidelik die Haaie, Bulle, Leeus en Pirates Rugbyklub op verskillende datums koppe stamp.

Die A-span pak eerskomende Vrydag 30 Augustus ‘n Haai-uitnodigingspan wat as ‘n voorwedstryd van die Curriebeker-kragmeting tussen die Goue Leeus en die verdediginge kampioen, Westelike Provinsie sal dien. Die A-span pak dan ‘n Blou Bul-uitnodingspan op 7 September terwyl die B-span met ’n Goue Leeus-uitnodigingspan op dieselfde dag sal kragte meet.

Die B-span se laaste wedstryd sal teen ‘n Pirates Rugbyklub-uitnodigingspan op 14 September wees.

Wat die A-span aanbetref is dit duidelik dat Menlopark se dominansie vrugte afgewerp het aangesien die Pretorianers met 10 spelers in die 22-tal spog. Die res van die span bestaan uit Linden (4), Marais Viljoen (2), en Bastion, Trinityhouse, Florida, Riebeeckrand en HTS Witbank elk met een speler.

Die A-span se 22-tal is as volg:

Wian Pienaar (Menlopark), Ruan Liebenberg (Menlopark), Ruan Goosen (Menlopark), Rueben du Plooy (Marais Viljoen), Jaques Oosthuizen (Menlopark), Justin Meintjies (Menlopark), Jason Carelse (Linden), Ruan du Toit (Bastion), Stian Pienaar (Menlopark), Kyle Lues (Linden), Dewald Peens (Menlo XV), Damian Diedericks (Marais Viljoen), Ruan de Beer (Menlopark), Shaldon Marais (Linden), Morné vd Berg (Linden), Craig Hume (Trinityhouse), CJ de Wet (Menlopark XV), Danny du Plooy (Marais Viljoen), Hendré Saayman (Florida), SW Kruger (Riebeeck), Marais Viviers (HTS Witbank), Andel Loubser (Menlopark).

Die afrigters is Jaco Booysen en Lawrence Herselman met Monty Benadie van die GLRU as spanbestuurder.

Die B-span se 22-tal is ‘n lekker mengelmoes van talent van oral. Die span bestaan uit Bastion (6), Menlopark XV (4), Nic Diederichs (3), Linden (3), Bekker (2), Fochville (1), Trinityhouse (1) en Randpark High (1).

Die span is as volg:

Jurgens Bence (Fochville), Ruben Maritz (Menlopark XV), Alec Hymans (Bastion), Haven Honnibal (Nic Diederichs), Christian Botha (Linden), Boeta Piater (Bastion), Reynhard Erasmus (Bekker), George Ramapulana (Randpark), Liaan Perry (Bastion), Lee Roy Gray (Bastion), Dean Holder (Bastion), Arno van Heerden (Menlopark XV), Brandon Lizamore (Linden), Wayne vd Bank (Menlopark XV), Tim Leeferink (Trinityhouse), Erran Taylor (Bastion), Michael Pointer (Nic Diederichs), Louis Swart (Menlopark XV), Henning Buitendag (Bekker), Dyllan Texeira (Linden).

Afrigters van die span is Monty Beyleveld en Johan Erasmus, met Hennie van Vuuren die spanbestuurder.

Slegs twee spelers van Marais Viljoen het span gehaal.
Ons het hom! Die losskakel van Randpark High gooi sy arms in die lug nadat hulle vir Allen Glen 12-10 in die eindstryd van Afdeling C geklop het.

 

Exit mobile version