School sportSport

Menlopark slag Marais Viljoen vir Afdeling A-kroon

"Ons wou wen" - Menlo-kaptein.

Die Roodepoort Rugbyklub Hoërskole-reeks se Afdeling A-trofeë sal vir een jaar in Pretoria bly nadat Menlopark vir Marais Viljoen met 31-5 afgereken het.

In slegs hul eerste jaar wat hul deelneem het Menlopark die Blou Bulle se naam hoog gehou en hul opponent van Alberton van hul voete afgespeel.

Menlo het eerste voorgeloop toe die skrumskakel, Stiaan Pienaar hier uit hul eie halfgebied teen die verloop van spel deur gehardloop het vir hul eerste drie. Nog ‘n drie kort voor halftyd het die telbord 16-0 in Menlo se guns laat lees.

In die tweede helfte het Menlo die krane stadig maar seker oopgedraai. Eers ‘n suksesvolle strafskop gevolg deur drie drieë.

Marais Viljoen het wel intussen dit reg gekry om ook te druk maar dit was dit. Menlo se verdediging was kliphard en ten spyte dat Marais gereeld aanvalle geloots het was daar geen deurkom kans nie.

Soos die Engelsman sal sê is, “Patience ‘n virtue” en Menlon is beslis daarvoor beloon.

Menlo sal dus ook Pretoria toe terugkeer onoorwonne. Hul spog met oorwinnings oor Florida (18-5), Noordheuwel (72-2), Potch Volkskool (60-0), HTS Witbank en nou Marais Viljoen.

Met die sege hoop die Pretorianers om soos die 2012 kampioen, EG Jansen in die eindstryd van die Beeldtrofee volgende jaar te speel. Bygesê, kan die reeks as ‘‘n goeie proeflopie beskou word want die mannetjies sal volgende jaar die eerstespan-trui oor hul kop trek.

Krediet moet nietemin aan Marais gegee word. Hulle het effens gesukkel in die groepfase maar met spanne soos Florida en Monnas afgereken om tot die eindstryd deur te dring.

Afrigter van Menlo se span, Dean van der Watt het na die wedstryd gesê, “Ek is trots op die manne, hul is ‘n lekker groep seuns om me saam te werk en hul verdien dit. Ons mik nou om die Beeldtrofee volgende jaar te wen”.

Daar is ook genoem dat die beginspan uit 11 graad-11- en drie graad 10-spelers bestaan.

Kaptein van die span en die voorspeler van die hele reeks, Justin Meintjies het aan die Record gesê, “Ons wou dit graag wen. Dit is ‘n voorreg om die span te lei en ek sien uit na volgende jaar”.

In Afdeling B het Bastion met 31-5 teen ‘n goed ge-oliede Linden-span in die eindstryd vasgeval. Al het die span van Witpoortjie eerste gaan druk, was daar duidelik hard met die Linden-spelers gepraat. Al was die eerste helfte taai was Bastion glad nie eers in die prentjie in die tweede helfte nie.

Verbasend het Bastion vir die einste Linden in die groepfase 23-5 slae gegee, maar vanaand was dit nie die geval nie.

Wat Afdeling C aanbetref het Randpark High op ‘n dramaties wyse vir Allen Glen High met 12-10 geklop. Danksy ‘n strafskop wat in die doodsnikke aan Randpark toegeken is het die losskakel koel en kalm die bal oorgeklits vir die oorwinning. Allen Glen sal hulself wil skop met die uitslag aangesien hulle gemaklik 10-0 voorgeloop het.

Roodepoort Rugbyklub voorsitter Neels van Aswegen saam Menlo se kaptein, Justin Meintjies.
Roodepoort Rugbyklub voorsitter Neels van Aswegen saam Menlo se kaptein, Justin Meintjies.
Twee manne van Menlo dra hul kaptein Justin Meintjies op hul skouers.
Twee manne van Menlo dra hul kaptein Justin Meintjies op hul skouers.
Afrigters en twee kapteine van Linden geniet die glorie.
Afrigters en twee kapteine van Linden geniet die glorie.
Afdeling B se kampioen, Linden.
Afdeling B se kampioen, Linden.
Afdeling C se kampioen, Randpark High.
Afdeling C se kampioen, Randpark High.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button