School sportSport

Verdedigende kampioen Fochville ook uit

Slegs Trinityhouse kan hul titel nog suksesvol verdedig.

Fochville, verlede jaar se Afdeling C-wenners het pas die tweede verdedigende kampioen geword wat nie daarin kon slaag om hul titel in vanjaar se Hoërskole-reeks suksesvol te verdedig nie.

Dit nadat hulle met ‘n telling van 21-16 teen Allen Glen in die kwarteindrondte op Maandag 19 Augustus vasgeval het.

EG Jansen, verlede jaar se Afdeling A-kampioen, is tegnies die ander verdedigende kampioen. Die span van die Valke Rugbyunie het glad nie aan vanjaar se reeks deelgeneem nie omdat hulle die Beeldtrofee-kompetisie as eerste prioriteit beskou.

Daar sal dus op Vrydag 23 Augustus op Ellis Park nuwe kampioene in Afdeling C en in Afdeling A gekroon word – waar die eindstryde vir die tweede agtereenvolgende jaar plaasvind.

In Afdeling B is dit egter ‘n ander storie.

Trinityhouse, die verdedigende kampioen in Afdeling B is steeds op koers om hul kroon te verdedig nadat hulle vir Alberton met 23-18 in die kwarteindrondte geklop het.

Hul pak vir Bastion in die halfeindstryd op 21 Augustus om 2nm terwyl Linden en Bekker om 6nm in die ander kwarteindstryd sal swaarde kruis. Bastion sal beslis Trinityhouse se partytjie wil bederf en wraak neem aangesien beide dié spanne al in die eindstryd op Ellis Park betrokke was. Trinityhouse is uiteindelik na ‘n taai stryd as kampioen gekroon toe hy met 16-14 geseëvier het.

Wat Afdeling A aanbetref het Marais Viljoen hul plek in die halfeindrondte bespreek na ‘n verrasende sege van 28-13 oor Florries. Die span van Alberton pak dus vir  Monnas op Woensdag 21 Augustus in die eerste halfeindstryd in Afdeling A.

In die ander halfeindstryd sal Menlopark, een van die grotes en gunstelinge om vanjaar die trofee omhoog te hou, ‘n uur later met HTS Witbank koppe stamp.

Ander uitslae op Maandag 19 Augustus in die kwarteindrondte:

• Bekker 13-8 Jan Viljoen

• Krugersdorp High 52-7 Primrose

• HTS Carel de Wet 0-36 Trinityhouse

• Alberton High 8-2 Queens

• Florida 28-13 Marais Viljoen

• Fochville 16-21 Allen Glen

• Potch Volkskool 5-50 HTS Witbank

• Menlopark XV 23-13 Linden

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button