School sportSport

Spanne geloot vir laerskole se middag-aand krieketreeks

Drie weke van aksie wag op ondersteuners en spelers.

Die eerstekrieketspanne van 12 laerskole sal binnekort vir drie weke lank koppe stamp wanneer die 10de Sentraal-Wes Laerskole Krieketunie se 15/15 Aandreeks afskop.

Dit is ‘n reeks wat laerskoolspelers die geleentheid gee om krieket onder spreiligte met net 15 beurte elk te speel. Die reeks sal van Woensdag 28 Augustus tot Woensdag 18 September op Laerskool Helderkruin se veld plaasvind. Spanne is verlede week tydens ‘n spoggerige lotingsgeleentheid in vier groepe ingedeel.

Verlede jaar se top vier spanne naamlik Helderkuin, Florida, Krugersdorp-Noord en Kenmare se name is heel eerste in vier groepe geloot aangesien hulle moontlike gunstelinge is.

Die eerste van twee semifinaliste in 2012, Helderkruin is in groep C saam met Weltevreden Park en Panorama ingedeel, terwyl die verdedigende kampioen, Kenmare van Krugersdorp asook Dr Havinga en Horison Groep B vorm.

Groep A bestaan uit verlede jaar se ander semifinalis naamlik Florida, die tweemalige kampioen van die reeks naamlik Maragon, en Roodekrans. Krugersdorp-Noord, wat verlede jaar tot die eindstryd deurgedring het, sal teen Constantia Kloof Primary School en Unika in Groep D te staan kom.

Bepalings:

Woensdag 28 Augustus:

• Florida tn Maragon

• Helderkruin tn Weltevreden Park

Vrydag 30 Augustus

• Krugersdorp-Noord tn Constantia Kloof

• Helderkruin tn Panorama

Maandag 2 September

• Kenmare tn Dr Havinga

• Maragon tn Roodekrans

Dinsdag 3 September

• Dr Havinga tn Horison

• Weltevreden Park tn Panorama

Woensdag 4 September

• Constantia Kloof tn Unika

• Roodekrans tn Florida

Maandag 9 September

• Kemare tn Horison

• Unika tn Krugersdorp-Noord

Maandag 16 September

• Semi’s Plaat

Dinsdag 17 September

• Semi’s Trofee

Woensdag 18 September

• Finaal Plaat

• Finaal Trofee

Vorige wenners:

• 2004 – Monument Primary School

• 2005 – Laerskool Horison

• 2006 – Laerskool Krugersdorp-Noord

• 2007 – Laerskool Helderkruin

• 2008 – Weltevreden Park Primary School

• 2009 – Constantia Kloof Primary School

• 2010 – Maragon Private Schools

• 2011 – Maragon Private Schools

• 2012 – Laerskool Kenmare

Sedert 2010 is daar ‘n Plaat-afdeling en die wenners daar was:

• 2010 – Laerskool Roodekrans

• 2011 – Laerskool Florida

• 2012 – Maragon Private Schools

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button