Roodies hou ‘n James Bond-gholfdag

007 Bevestig as vanjaar se tema.

Hoërskool Roodepoort het besluit om hul gholfdag vanjaar tot ‘n heeltemal ander vlak te neem na die aankondiging dat die tema 007 is.

Vanjaar se gholfdag sal op Vrydag 30 Augustus plaasvind, weer by die CMR Gholfklub in Maraisburg. Die formaat van die dag is Betterball Stableford en sal volgens die Roodie-beheerliggaamvoorsitter, Pieter du Plessis, “‘n Dag wees om nie mis te loop nie.

“Die primêre doel van dié prestige gholfdag, wat elke jaar een van die hoogtepunte op die gholfkalender is, is om fondse te genereer wat Hoërskool Roodepoort in staat stel om behoeftige leerlinge te ondersteun wat nie skoolgelde kan bekostig nie,” sê Pieter.

“Verder wil Hoërskool Roodepoort ook graag van die fondse wat geïn word, aanwend om die bemarking van ons skool te verbeter, asook om skoolfasiliteite op te gradeer.

“In die lig van bogenoemde, neem Roodies hiermee die vrymoedigheid om u te nader vir enige donasie of pryse ten bate van hierdie gholfdag. Pryse kan ook geskenk word, in welke geval dit op prys gestel sal word as skenkers twee pryse van dieselfde soort sal oorweeg.

“Ons benodig asseblief borge vir die volgende items: wyn, gholfballe en/of gholftoerusting, geskenkbewyse, elektriese (kombuis-) toerusting, enige geskenkpak en enige gereedskap.

“As ‘n alternatief kan u maatskappy op ‘n prominente plek (uitleg en ligging van putjies beskikbaar op aanvraag) teen ‘n koste adverteer, afhangende van die ligging van u putjie.

“Kostes van bogenoemde putjies wissel van R1 000 tot R1 600. Maatskappye is ook welkom om ‘n ‘watergat’ op u putjie/bof te verskaf. Spelersgelde beloop R 1 600 per vierbal (R400 per speler). ‘n Prysuitdeling met ‘n ete is by die gelde ingesluit. Elke speler word ‘n prys gewaarborg.”

Besprekings kan by Morne Kotze in die bemarkingskantoor by 073 148 3701, of Carina Smith by 082 414 2889, of by bemarker@roodie.co.za gedoen word.

Exit mobile version