Maak of breek in Afdeling B

12 spanne veg om oorlewing – slegs ses sal deurdring.

Dit is maak of breek vir 12 spanne in Afdeling B wat Vrydag 16 Augustus in die uitspeelrondte van die Hoërskole-reeks in aksie gaan wees.

Want verloor jy, staar relegasie jou in die gesig en met Bastion (Witpoortjie) asook Jan Viljoen (Randfontein) wat reeds tot die kwarteindrondte deurgedring het, is daar slegs ses plekke oor.

Bastion het hul plek welverdiend direk in die kwarteindrondte bespreek deur heelbo in Groep B van Afdeling A te eindig waar Jan Viljoen, wat 2de in Groep A geëindig het, om die een of ander rede ook deurdring het.

‘n Span wat tot dusver in die reeks geskitter het maar moet veg vir oorlewing is beslis Bekker. Hulle het met gemak boaan Groep D gepronk en moet om 4.30nm teen HTS Elspark uitspeel. Ondersteuners van die Magaliesburg-span hoef hul nietemin nie te bekommer nie aangesien HTS Elspark, wat vierde in Groep B naas Bastion, Linden en Trinityhouse geëindig het, nie so skerp lyk nie.

Dan is HTS Carel de Wet asook Menlopark XV ook die ongelukkiges om ook uit te speel. Die taaiste stryd behoort op die B-veld om 2.30nm tussen Linden en Roodies te wees.

Volledige bepalings vir Vrydag 16 Augustus:

A-VELD                                                                                                           B-VELD

• HTS Carel de Wet tn AH Sasolburg              2.30nm                     Linden tn Roodepoort

• Riebeeckrand tn Florida XV                           3.30nm                     Alberton tn Trinityhouse

• Menlopark XV tn Grenswag (C)                     4.30nm                     Bekker tn HTS Elspark

 

Uitslae op Woensdag 14 Augustus:

• Alberton High 24-5 Fourways

• Potch Volkies o.15 23-12 Bekker o.15

• Elspark XV 10-13 Primrose

• Bastion XV 13-13 HTS Nic Diederichs

• Bastion 23-5 Linden

• Allen Glen 45-0 Bryanston

• HTS Elspark 16-26 Trinity

• Krugersdorp 29-8 Vorentoe

• Alberton 31-8 President

• Queens High 21-0 Bracken High

• Riebeeckrand 5-21 Menlopark XV

Exit mobile version