School sportSport

Florrie-eerstehokkiespan deel louere in eindstryd

Glorie gedeel teen Hoërskool Hans Strijdom vir Noordvaal-trofeë.

Die dogters-eerstehokkiespanne van Hoërskool Florida en Hoërskool Hans Strijdom van Naboomspruit deel vanjaar die Noordvaal-trofee nadat hulle 1-elk gelykop in die eindstryd geëindig het.

In rugby is daar ‘n sêding dat ‘n gelykopuitslag so goed is soos om jou sussie te soen maar in hokkie bestaan daar nie so iets nie. Al wat basies gebeur is dat albei se name op die trofeë sal verskyn en dat albei breëbors kan rondloop.

Florries het nietemin gedurende die groepwedstryde goed vertoon en heel bo in die groep geëindig. In die kwarteindrondte het hulle gemaklik met 3-1 met Piet Potgieter afgereken en toe in ‘n dramatiese halfeindstryd vir Heidelberg Volkskool naelskraap met 4-3 geklop.

In die eindstryd op die Universiteit van Johannesburg (UJ) se astrobaan het die spanne van Florida en Hans Strijdom mekaar ewe goed opgedreun – daarom uiteindelik die gelykopuitslag.

Related Articles

Back to top button