Latest SportSport

51 Medaljes vir Sensei Roets se karateka

Roodepoort Karate Sentrum palm 51 medaljes in tydens kampioenskappe.

Karateka van die Roodepoort Karate Sentrum onder leiding van sensei Johan Roets het die oë laat rek toe hulle met 51 medaljes vanaf die onlangse Japanse Karate Vereniging (JKA) Kampioenskappe terugkeer.

Meer as 3 200 deelnemers van regoor Suid-Afrika en so ver as Namibië het aan dié gesogte toernooi deelgeneem.

‘n Hoogs tevrede sensei Roets het na sy karateka se spoggerige vertoning in die Standard Bank Arena in Johannesburg gesê, “Ons is trots op al die karateka se prestasies. Welgedaan.”

Hierdie was vir die Roodepoort Karate Sentrum ‘n besondere kampioenskap want die JKA was in 1963 gestig, dus 50 jaar gelede.

“Dit is vir die klub ‘n groot prestasie en trots om meer as 50 medaljes te wen met die herdenking van JKA se vyftigste bestaansjaar,” het Roets bygevoeg.

Sensei Johan (agtste dan) is al 33 jaar by karate in die Roodepoort area betrokke en is reeds 29 jaar lank in Helderkruin gevestig.

Hy dien ook as president van die JKA.

• Navrae: Sensei Johan Roets by 082 920 0781.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button