School sportSport

Florries vind hul voete in voormalige Coke-reeks

Noordheuwel-kragmeting 'n moet wen vir Florries.

Die span van HoĆ«rskool Florida het hul voete gevind in die Roodepoort Rugbyklub HoĆ«rskole-reeks na ‘n spog oorwinning van 42-10 oor Potch Volkskool op Maandag 5 Augustus.

Alhoewel die sege vir Florries broodnodig was, is hul volgende en laaste wedstryd teen Noordheuwel op Woensdagaand 7 Augustus ‘n moet-wen een; dit aangesien Florries reeds in hul eerste kragmeting ā€“ teen Menlopark ā€“ met ‘n telling van 18-5 die spit afgebyt het.

Menlopark, Groep B se voorloper en beslis een van die gunstelinge om die Afdeling A-kroon te dra, het Maandagaand (5 Augustus) hul segetog voortgesit deur gemaklik met 72-2 met Noordheuwel af te reken. Dit was die Pretorianers se tweede agtereenvolgende wegholoorwinning.

Wat Potch Volkskool aanbetref raak dinge vir hulle nie makliker nie. Hulle laaste wedstryd is teen die einste Menlopark op Woensdag 7 Augustus om 5.30nm en dit sal ook ‘n moet-wen kragmeting wees.

Slaag Potch Volkskool daarin om Menlopark te verras, en sou Florries teen Noordheuwel vasval, is dit neusie verby vir Florries.

Ander interessante uitslae in Afdeling A sluit in die Groep A-kragmeting tussen Marais Viljoen en HTS Witbank. HTS Witbank het na ‘n agterstand van 8-0 goed teruggekom en die wedstryd met 13-8 gewen.

Mooi man Florries!
Mooi man Florries!
Wie gaan die bal vang?
Wie gaan die bal vang?
Rooikaart vir Florries se flank.
Rooikaart vir Florries se flank.
Florries weer op die aanval.
Florries weer op die aanval.
Punte, punte, punte.
Punte, punte, punte.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button