School sportSport

Afdeling C-kampioene op koers in rugbyklub se skole-reeks

Fochville goed op dreef om titel te verdedig.

Die rugbyspan van Fochville, wat sy Afdeling C titel in vanjaar se Roodepoort Rugbyklub Hoërskole-reeks wil verdedig is heel goed op dreef.

Op dag vier het Fochies hul tweede oorwinning behaal deur Elspark XV met 53-0 te verwoes. Fochville het reeds die skade in die eerste helfte gedoen deur ses drieë te gaan druk om 48-0 voor te loop. Elspark XV het toe ingeklim en vir Fochies net een drie in die tweede helfte toegelaat.

Fochville het sodoende voortgebou op hul puik wegholsege van 50-0 oor Bracken High op Maandag 22 Julie. Hul laaste kragmeting voor die uitspeelrondtes (wat op 14 Augustus afskop) is teen Die Burger op Woensdag 7 Augustus.

Wat ander spanne aanbetref moes HTS Rustenburg, bekend as die HTS Leeus, deurdruk om Afrikaans Hoër Sasolburg te klop. Die Rustenburgers was sommer vroeg in die wedstryd gemaklik met 10-0 voor maar ‘n terugvegpoging deur die manne van Sasolburg het die telbord teen die einde maar net 15-8 laat lees.

Vir die afrigter van die Rustenburg-span was dit ‘n groot verligting aangesien sy span in hul eerste kragmeting van die reeks met ‘n telling van 57-8 teen Menlopark XV slae gekry het. Afrikaans Hoër Sasolburg sal hul sokkies moet optrek vir hul volgende wedstryd teen Menlopark XV op Maandag 5 Augustus indien hul enigsins ‘n verdere sê in die reeks wil hê.

Die Record kan bevestig dat die puntestelsel in vanjaar se reeks dieselfde is as die van die Varsity-beker. Dit is ook die tweede jaar wat die reeks van die puntestelsel gebruik maak. ‘n Drie tel vyf punte, ‘n vervyfskop drie punte en ‘n strafskop slegs twee punte.

Uitslae tot en met Woensdag 31 Julie:

Maandag 22 Julie:

• Vorentoe 18-15 Bryanston

• Monument 16-9 Marais Viljoen

• HTS Witbank 21-5 Kempton Park

• Potch Volkskool 18-8 Noordheuwel

• Noordheuwel XV 5-13 Trinityhouse

• Bracken High 5-0 Die Burger

• Krugersdorp High 21-5 Fourways

• Monument o.15 15-2 Bastion o.15

• Jan Viljoen 4-16 HTS Carel de Wet

• Bekker o.15 46-8 Allen Glen High o.15

Het hom, of nee nie heeltemal nie. 'n Speler van Bekker probeer die bal in besit kry terwyl 'n opponent van Alberton wag.
Het hom, of nee nie heeltemal nie. ‘n Speler van Bekker probeer die bal in besit kry terwyl ‘n opponent van Alberton wag.

Woensdag 24 Julie:

• Alberton High 26-8 Bastion XV

• Bastion 39-2 HTS Elspark

• Monument o.15 23-16 Potch Volkskool o.15

• Vorentoe 10-5 Elsburg

• Bekker o.15 51-0 Die Burger o.15

Vrydag 26 Julie:

• Primrose 44-7 Queens

• HTS Carel de Wet 32-13 Grenswag

• Noordheuwel XV 0-34 Bastion

• Fourways 26-18 Allen Glen High

• President XV 0-32 HTS Nic Diederichs

Fochville is deur 'n gaping.
Fochville is deur ‘n gaping.

Maandag 29 Julie:

• Alberton High 44-20 Vorentoe

• Jan Viljoen 31-16 Grenswag

• HTS Rustenburg 8-57 Menlopark XV

• Die Burger o.15 26-5 Kagiso o.15

• Randpark 16-2 Queens High

• Bracken High 0-50 Fochville

Waarheen gaan jy? Vier spelers van Afrikaanse Hoër Sasolburg het bloed geruik en besluit om die reserwe stut van HTS Rustenburg by die kantlyn uit te help.
Waarheen gaan jy? Vier spelers van Afrikaanse Hoër Sasolburg het bloed geruik en besluit om die reserwe stut van HTS Rustenburg by die kantlyn uit te help.

Woensdag 31 Julie:

• Fochville 53-0 Elspark XV

• HTS Rustenburg 15-8 Sasolburg

• HTS Elspark 5-55 Linden

• Monument 22-16 HTS Witbank

• Allen Glen 2-14 HTS Nic Diederiks

• Primrose 34-0 Kagiso

• Bekker 13-5 Alberton

• President 16-18 Roodepoort

Gaan ou grote: Die slot van Fochville het vier Elspark XV-manne op sy hakke.
Gaan ou grote: Die slot van Fochville het vier Elspark XV-manne op sy hakke.

Bepalings vir Vrydag, 2 Augustus:

• President XV teen Krugersdorp High

• Queens High teen Kagiso

• Alberton High teen Bryanston

• HTS Nic Diederichs teen Fourways

• Florida XV teen Grenswag

• Die Burger teen HTS Elspark XV

• Menlopark teen Florida

Dinge kan ook rof raak op die veld.
Dinge kan ook rof raak op die veld.

Bepalings vir Maandag 5 Augustus:

• Potch Volkskool tn Florida

• Primrose tn Randpark High

• HTS Witbank tn Marais Viljoen

• Florida XV tn Jan Viljoen

• Linden tn Trinity

• Allen Glen tn President XV

• Monument tn Kemptonpark

• AHSasolburg tn Menlopark XV

• Menlopark tn Noordheuwel

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button