School sportSport

Voormalige Coke-reeks skop af

Dis 'n nuwe rugbyjaar, met nuwe bloed en nuwe uitdagings.

Dis weer oorlog tussen skole op die rugbyveld.

Van 22 Julie tot 24 Augustus sal 56 spanne in aksie wees met die hoop om die voormalige Coke-reekstitel, wat nou as die Roodepoort Rugbyklub Hoërskole-reeks bekendstaan, in te palm.

Dit is die 29ste toernooi van sy soort wat Roodepoort Rugbyklub aanbied en die opwindende reeks kom al van 1985 af. Party beskou dit selfs as die skole se Curriebeker-reeks.

Roodepoort Rugbyklub se erepresident, André Dirker sê, “Daar is ‘n behoefte by skole om hulle spelers vir die volgende jaar te toets en hierdie reeks skep juis daardie geleentheid en is daardie platform.

“Dit is ‘n reeks waarby skole se rugbyspanne kan baat vind.”

André het bygevoeg dat die klub graag op die reeks se sukses wil voortbou. Die toernooi word nie net elke jaar sedert sy bestaan aangebied nie, maar vir die eerste keer in die toernooi se geskiedenis is die uitspeelwedstryde in 2012 op Ellis Park beslis.

“Daar is sprake dat uitspeelwedstryde weer daar gespeel sal word, maar dit is nog nie bevestig nie. Die moontlikheid om op Ellis Park te kan speel maak die toernooi ietwat meer interessant en opwindend vir ‘n skoolseun.”

Die reeks verwelkom vanjaar ‘n nuweling naamlik Kagiso wat twee spanne ingeskryf het – in Afdeling C en in die o.15-afdeling.

Die groot verrassing is dat die verdedigende kampioen in Afdeling A, EG Jansen, nie deelneem nie omdat hul aandag op die Beeldtrofee is. Trinityhouse (Afdeling B se kampioen) en Fochville (Afdeling C se kampioen) is wel op hul pos en sal beslis hul titels wil verdedig.

Vir die eerste keer ooit is daar ‘n o.15-afdeling waarin spanne soos Monnas, Potch Volkskool, Bastion, Krugersdorp High, Bekker, Die Burger en Kagiso gaan meeding.

Afdelings:

• A: Florida, Noordheuwel, Potch Volkskool, Menlopark, Monument, Marais Viljoen, HTS Witbank en Kempton Park

• B: Jan Viljoen, HTS Carel de Wet, Florida 15 (voormalige Coke Light-span), Grenswag, Linden, Bastion, Elspark, Trinityhouse, Noordheuwel 15, HTS Rustenburg, Riebeeckrand, Menlopark 15, Alberton, Bekker, President, Roodepoort, Afrikaans Hoër Sasolburg

• C: Alberton High, Vorentoe, Bryanston, Elsburg, Bastion 15, Bracken High, Die Burger, Fochville, Elspark 15, Krugersdorp High, Fourways, Nic Diederichs, President 15, Allen Glen, Queens High, Primrose, Randpark High, Kagiso

Uitslae tot en met Maandag 29 Julie:

Maandag 22 Julie:

• Vorentoe 18-15 Bryanston

• Monument 16-9 Marais Viljoen

• HTS Witbank 21-5 Kempton Park

• Potch Volkskool 18-8 Noordheuwel

• Noordheuwel XV 5-13 Trinity House

• Bracken High 5-0 Die Burger

• Krugersdorp High 21-5 Fourways

• Monument 0.15 15-2 Bastion o.15

• Jan Viljoen 4-16 HTS Carel de Wet

• Bekker o.15 46-8 Allen Glen High o.15

 

Woensdag 24 Julie:

• Alberton High 26-8 Bastion XV

• Bastion 39-2 HTS Elspark

• Monument o.15 23-16 Potch Volkskool o.15

• Vorentoe 10-5 Elsburg

• Bekker o.15 51-0 Die Burger o.15

 

Vrydag 26 Julie:

• Primrose 44-7 Queens

• HTS Carel de Wet 32-13 Grenswag

• Noordheuwel XV 0-34 Bastion

• Fourways 26-18 Allen Glen High

• President XV 0-32 HTS Nic Diederiks

 

Maandag 29 Julie:

• Alberton High 44-20 Vorentoe

• Jan Viljoen 31-16 Grenswag

• HTS Rustenburg 8-57 Menlopark XV

• Die Burger o.15 26-5 Kagiso o.15

• Randpark 16-2 Queens High

• Bracken High 0-50 Fochville

 

Woensdag 31 Julie se bepalings:

• Fochville tn Elspark XV

• HTS Rustenburg tn Sasolburg

• HTS Elspark tn Linden

• Monument tn HTS Witbank

• Allen Glen tn HTS Nic Diederiks

• Primrose tn Kagiso

• Elsburg tn Bastion XV

• Bekker tn Alberton

• President tn Roodepoort

Die 2013 Roodepoort Rugbyklub Hoërskole-reeks (voormalige Coke-reeks) is in volle swang nadat dit op 22 Julie afgeskop het.
Die 2013 Roodepoort Rugbyklub Hoërskole-reeks (voormalige Coke-reeks) is in volle swang nadat dit op 22 Julie afgeskop het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button