School sportSport

Laerskool Florida se netbaltrots

Die eerstespan van Laerskool Florida het hul netbalseisoen op ‘n hoë noot afgesluit. Dit nadat die spul dogters algeheel in die 10de plek in Gauteng  tydens die Gauteng Netbalkampioenskappe behaal het wat tydens Junie by Dr. EG Jansen aangebied is. Dit was ook die derde agtereenvolgende keer dat Laerskool Florida se eerstenetbalspan vir die kampioenskappe …

Die eerstespan van Laerskool Florida het hul netbalseisoen op ‘n hoë noot afgesluit.

Dit nadat die spul dogters algeheel in die 10de plek in Gauteng  tydens die Gauteng Netbalkampioenskappe behaal het wat tydens Junie by Dr. EG Jansen aangebied is. Dit was ook die derde agtereenvolgende keer dat Laerskool Florida se eerstenetbalspan vir die kampioenskappe gekwalifiseer het.

Die dogters is boonop hul bogenoemde prestasie ook as die Goue Leeus ligawenners vir 2013 gekroon. Hulle was ook onoorwonne in die liga.

Spoguitslae vir Laerskool Florida se eerstenetbalspan:

• Westfield Primary 28-2

• Trinity House 16-14

• Laerskool Randfontein 30-13

• Laerskool Horison 30-10

• Laerskool Christiaan de Wet 24-13

• Bryanston Parallel Medium School 33-15

• Laerskool Dalmondeor 32-14

Agter van links: Melissa Schroeder; Monya Theron; Chanel van Wyngaardt; Michaela Panaino Middel van links: Taryn-Lee Adams; Carissa le Roux; Shani Murray Voor: Bianca Barnard
Agter van links: Melissa Schroeder; Monya Theron; Chanel van Wyngaardt; Michaela Panaino Middel van links: Taryn-Lee Adams; Carissa le Roux; Shani Murray Voor: Bianca Barnard

Related Articles

Back to top button