Florries wys Nories wie’s baas

Die eersterugbyspan van Hoerskool Florida het vir Noordheuwel van Krugersdorp op ‘n drafstap met 52-6 op Vrydag middag (31 Mei) afgereken. Dit was wel ‘n vriendskaplike wedstryd maar ongelukkig het die een skool die kragmeting meer ernstig opgeneem as die ander een. Noordheuwel het wel vroeg die voortou geneem deur ‘n strafdoel oor te klits, …

Die eersterugbyspan van Hoerskool Florida het vir Noordheuwel van Krugersdorp op ‘n drafstap met 52-6 op Vrydag middag (31 Mei) afgereken.

Dit was wel ‘n vriendskaplike wedstryd maar ongelukkig het die een skool die kragmeting meer ernstig opgeneem as die ander een. Noordheuwel het wel vroeg die voortou geneem deur ‘n strafdoel oor te klits, maar toe Florries eers begin wyd speel en ‘n paar fases opbou is dit asof daar geen keer was nie.

Florries het reeds teen halftyd 31-6 voorgeloop en altesaam agt drieë gedruk. Uitblinkers was Joseph Dweba en die spoedvraat Justin Bhana.

Maar Florries moet nie die oorwinning kop toe vat nie, want daar is nog ‘n Krugersdorp-span wat in vir hulle wag teen wie hulle regtig hulself kan meet, en dit is Monnas se Wit Bulle.

Die twee skole pak mekaar juis op 20 Julie op Monnas se veld in die Beeldtrofee en eers dan sal die manne van die muise geskei word.

Exit mobile version