Die mense buit jou uit

Anoniem van Roodepoort skryf:

Ek wil graag ‘n ernstige waarskuwing rig aan enige persoon wat in ‘n motorongeluk betrokke raak. Pasop vir die sharks!

Ek was onlangs in so ‘n situasie. Hulle daag skielik op en neem vinnig jou besonderhede, stoot die vorm onder jou neus in en vra jou handtekening.

Wat hulle egter nie vir jou vertel nie, is die fynskrif agterop hulle ou vormpie! Ek weet ek moes daarna kyk, maar ‘n mens is in so ‘n toestand en benarde posisie, en hulle weet dit. My motor is deur die skelms ingesleep en na slegs drie dae beloop die rekening R10 700. (Die onsmaaklikheid het gedurende ‘n naweek gebeur.)

Wees net gewaarsku en jaag hulle summier van die toneel weg!

Exit mobile version