Die Stad moet vergoed word vir waterverliese

Willie van der Schyf skryf:

Ek stem heelhartig saam met die opmerkings van raadslid De Lange, maar dink dat daar verder gegaan moet word.

Daar behoort ‘n deeglike ondersoek deur kundiges gedoen te word na die oorsaak van die gebeure. Die verlies van inkomste deur besighede moet bepaal word, en eise vir die verlies van inkomste moet teen die kontrakteur en/ of sy versekeraar ingestel word.

Dan moet die [waarde van die] waterverlies bepaal word, en die kontrakteur moet die Stad Johannesburg daarvoor vergoed. En wat van die frustrasie en ongerief vir inwoners, en die koste wat die Raad moes aangaan om water deur middel van tenkwaens te voorsien?

Exit mobile version