LettersOpinion

‘n Mens kry sommer weer moed

Elna Barnard van Roodepoort skryf:

Ai, ek maak die koerante oop en daar is net donker nuus. Ek maak die tydskrifte oop en dit is net moord! Nou wil ek van ‘n storie vertel wat sommer ‘n mens se hart warm laat klop.

Ek as ‘n pensioenaris, waardeer nou elke rand in my beursie. Op Maandag, 14 November maak ek gou my groot bottel water vol by Perfect Water in Horison en vandaar ry ek gou na Dis-Chem Princess Crossing vir ‘n dit en ‘n dat. Ek betaal met my kaart en stap vinnig na Sheet Street om daar ook ‘n ietsie te koop. Wat ‘n skok, my beursie is weg.

Ek is dadelik terug Dis-Chem toe en die personeel is dadelik tot hulp en kyk op die kameras. Ek kon nie te lank wag nie omdat ek ‘n afspraak gehad het en los toe maar my telefoonnommer by die dame om te bel, sou hulle iets optel. Ek bel my man om gou te kyk of die beursie nie dalk iewers by die huis uitgeval het nie, maar ongelukkig nie goeie nuus nie.

So ‘n uur of wat later lui my foon en my man sê daar is goeie nuus. My beursie is gevind en ek moet dit gaan oppik by Perfect Water. Mens kan nie glo nie, Rian en sy seun het in die beursie gekyk waar ek dit net so op die toonbank gelos het, my Medicross-kaart gekry, hulle geskakel en die storie vertel en gevra vir ‘n kontaknommer. Voorwaar die ekstra myl gegaan om my in die hande te kry. In een dag ervaar ek die hulp van Dis-Chem se personeel, die samewerking van Medicross-personeel en die eerlikheid van Rian-hulle.

Mense, ek voel blessed en bid al hierdie mense net seën toe . Baie dankie. Mens kry sommer weer moed in hierdie ou wêreld waarin ons leef.

Related Articles

Back to top button