Dankie vir jou omgee

Anoniem van Roodepoort skryf:

Daar kom ‘n dag wanneer dit voel of jou hele lewe inmekaar val en dan stap jy by ‘n apteek in vir jou maandelikse medikasie. Daardie dag was daar twee persone wat weer vir my hoop gegee het om aan te gaan en aan te hou glo. Ek wil net vir Anre en Adel sê baie dankie vir die liefde en vriendelikheid, en al die moed inpraat.

Ek kom al ‘n paar jaar by die Ointment Jar Apteek en dit voel nou soos my huis waar ek weet ek is nie net nog ‘n nommer nie, maar ‘n mens. Baie dankie Adel vir al jou omgee. Ons is ‘n klomp ou mensies wat bymekaar kom en wil net sê dankie vir al jou omgee en drukkies. Ek weet daar is baie daar buite wat so dankbaar is. Dit is lekker om in so ‘n apteek in te stap waar jy voel jy is deel van ‘n familie.

Ons hoop dat die Here jou lank vir ons sal spaar. Jou kennis en omgee maak jou ‘n wonderlike mens.

.

Anoniem

Exit mobile version