Hoekom moet ons stem?

Gert van Florida skryf:

Vir wie moet ons stem, en hoekom stem ons?

Ek wil graag die inwoners van Floridameer uitnooi om te gaan kyk hoe dit lyk in Reidstraat, net langs die voetbalveld. Ek is nie seker nie maar dit lyk vir my of die pad verander moet word na ‘n stortings terrein. Want daar word gereeld gemors gestort, dit help nie om by ons owerheid te kla nie want hy doen in elk geval niks daaraan nie. Drie jaar gelede het hy gesê dat daar word beplan om die ou straatjie toe te maak, maar dit word nie gedoen nie en die situasie vererger by die dag. Ek is bevrees dat daar siektes gaan uitbreek want dit wemel van die rotte en muise wat nou ons huise betrek.

Ek wonder of die persoon wie verantwoordelik is om te sorg dat ons strate en woonbuurte skoon is, daarvan sal hou as dit op hul drumpel was? Ek glo nie. Dan word daar gepraat van ‘n droom “Mecca”. Ek glo nie dit sal baie lank wees nie dan lyk dit net soos Reidstraat, en dit sal ook nie skoon gehou word nie.

Soms wonder ek of dit die moeite werd is om te kla? Miskien as jy by die regte person kan uitkom, maar waar kry jy daardie persoon. Bestaan hy?

Exit mobile version