LettersOpinion

Almal leer bestuur, wees geduldig

Andre van Vuuren van Roodepoort skryf: Graag wil ek my mening gee oor die kommen moteriste van Witpoortjie. Ek en my dogter ry Dinsdag middag Pick n Pay toe. Sy het ‘n leerlinglisensie en agter op my voertuig is n groot rooi L. Toe ons by Pick Pay ry stop sy by die stopstraat om …

Andre van Vuuren van Roodepoort skryf:

Graag wil ek my mening gee oor die kommen moteriste van Witpoortjie.

Ek en my dogter ry Dinsdag middag Pick n Pay toe. Sy het ‘n leerlinglisensie en agter op my voertuig is n groot rooi L. Toe ons by Pick Pay ry stop sy by die stopstraat om in Genl Pienaarlaan in te draai en haar voertuig het perongeluk gevrek.

Die mense wat by Pick n Pay besig is om ook uit te beweeg staan toe agter haar, in plaas van wag dat sy weg trek gaan hulle in die teenoorgestelde kant van haar verby. Daar was ‘n vrou met ‘n wit Toyota Camry wat vir haar die toeter gedruk en verby gery het, reg voor ‘n aankomende voertuig in gedraai en amper ‘n ongeluk veroorsaak het net omdat sy nie kon wag nie.

Aan die ander motoriste wat wel gewag het sĂȘ ek dankie, want sommige pad verbruikers weet blykbaar nie dat ‘n persoon met ‘n leerlinglisensie het ook die reg het om op die pad te ry.

Wees asseblief geduldig. Dt is hoekom daar ‘n rooi L agter op die venster geplak is. Onthou julle het ook eens op ‘n tyd leer bestuur..

Related Articles

Back to top button