Mense werk net voor die verkiesing

Elna Barnard van Roodepoort Noord skryf: Wow! Na die lange wag vir Pikitup om weer te begin werk, sit ek met ‘n groot dilemma. My asblik is gesteel en ek weet nie meer herwaarts of derwaarts. Toe ek die munisipaliteit skakel het hulle my verwys na Pikitup. Ek verstaan dit , maar as ek nou …

Elna Barnard van Roodepoort Noord skryf:

Wow! Na die lange wag vir Pikitup om weer te begin werk, sit ek met ‘n groot dilemma. My asblik is gesteel en ek weet nie meer herwaarts of derwaarts.

Toe ek die munisipaliteit skakel het hulle my verwys na Pikitup. Ek verstaan dit , maar as ek nou nie diens kry by Pikitup nie, verwag ek darem diens van die munisipaliteit aangesien ek hulle elke maand betaal. Die 8tste April het ek reeds ‘n beëidigde verklaring van die polisie gekry om te bevestig dat my asblik gesteel is. Na navrae aan Pikitup is ek meegedeel dat daar ‘n twee tot drie weke wagtyd is omdat hulle nie voorraad het nie.

Daar is gesê dat ek my swart sakke op die sypaadjie moet los en dit sal dan opgetel word. My maggies, ek sal graag wil weet in watter voorstad die mense woon waar geen hond op die sypaadjie kom of die mense wat so in die sakke krap. Ek het ook my raadslid gebel en sy sê doodeenvoudig ook net dat daar nie voorraad asblikke is nie. Ek dink hulle behoort my rommelverwyderingskoste van my rekening te verwyder aangesien dit nou reeds einde Mei is, maar daar is seker geen kans dat so iets sal gebeur nie. Ek dink ek moet maar al die swart sakke op die stoep voor die munisipale kantore gaan aflaai en kyk hoe hulle die situasie hanteer.

Moontlik sal ek voor die verkiesing ‘n blik kry. Dit is mos al wanneer die ouens wil stemme hê.

Exit mobile version