Prosedures moet eerlik enopreg wees

Anoniem van Roodepoort skryf: Terwyl ek die artikel lees kry ek goose bumps, n hartseer knop in my keel. Dit is jammer dat dinge so ver en onplesierig moet wees by ”n (ouetehuis) maar in dieselfde tyd kan ek verstaan en wonder glad nie of enige van die stories wel waar is nie. Ek sukkel …

Anoniem van Roodepoort skryf:

Terwyl ek die artikel lees kry ek goose bumps, n hartseer knop in my keel. Dit is jammer dat dinge so ver en onplesierig moet wees by ”n (ouetehuis) maar in dieselfde tyd kan ek verstaan en wonder glad nie of enige van die stories wel waar is nie.

Ek sukkel nou al drie jaar om my ouers daar in te kry, ek bel gereeld. Elke keer word daar net gesê hulle is nog besig met 2012 se lyste. Ek ry elke dag daar verby. Ek kan sien wanneer ‘n eenheid leeg staan, ek het selfs ‘n rukkie terug geskakel om te sê ek is bewus van die eenheid wat leeg is, my ouers is desperaat. Op die stadium gebruik hulle 90% van hulle staats inkomste om vir huur te betaal, die ander 10% moet hulle mee kos koop.

Hoe kan ‘n mens se lewe? Nou moet ek lees dat ander mense “illigally” daar in trek. Ons het alle prosedures gevolg om hulle daar in te kry. Ek verstaan daar is ‘n wag lys, maar ek is jammer as daar ander mense wat na my ouers aansoek gedoen het om daar te woon en hulle voorkeur gekry het, is dit verseker oneerlik en verkeerde prosedures. Dan begin mens te wonder of daar enige geld omkopery betrokke is.

Die tipe van akkomodasie moet reg en eerlik hanteer word.

Exit mobile version