LettersOpinion

Stad se verhogings ‘n skande

Rdl. Franco de Lange van die Vryheidsfront Plus skryf: Die besluit om Jan Publiek op ‘n jaarlikse basis verder te verarm met buitensporige tariefverhogings wat hoegenaamd nie in lyn is met die land se inflasiesyfer nie, is ‘n skande. Dit laat ‘n mens se bloed kook wanneer Pikitup hul tariewe met tussen 17.6 tot 128 …

Rdl. Franco de Lange van die Vryheidsfront Plus skryf:

Die besluit om Jan Publiek op ‘n jaarlikse basis verder te verarm met buitensporige tariefverhogings wat hoegenaamd nie in lyn is met die land se inflasiesyfer nie, is ‘n skande.

Dit laat ‘n mens se bloed kook wanneer Pikitup hul tariewe met tussen 17.6 tot 128 persent verhoog terwyl hulle vir meer as ‘n maand geen dienste aan inwoners gelewer het nie.

Die VF Plus stel al sedert 2013 voor dat Pikitup geprivatiseer word om so beter bestuur en beheer in die metro tot stand te bring.

Nog ‘n tameletjie is grondbelasting wat met 5.9 persent verhoog word. Grondbelasting is nie ‘n diens wat die regering of munisipaliteit aan die verbruiker lewer nie daarom is dit onnodig om dit jaarliks aan te pas. ‘n Meer aanvaarbare reëling is dat dié tipe belasting elke vyf jaar aangepas word.

Elektrisiteittariewe gaan met 7.1 tot 8.1 persent verhoog word. Water met tussen 6 tot 14 persent, na gelang van die waterverbruik.

Dit is duidelik dat die nuwe tariewe ver bo die inflasiekoers uitstyg en so verarm die ANC-regering die verbruiker.

Die gebrekkige infrastruktuur veroorsaak dat die stad duisende kiloliters water per jaar, waarvoor die belastingbetaler steeds moet betaal, verloor. So betaal ons vir dienste wat nie gelewer word nie.

Related Articles

Back to top button