Die mense se geraas maak my mal

Karin Els van Witpoortjie skryf: Rerig mense! Elke liewe Vrydagnag ‘n gesing by die kerk op die hoek van Dirkie Uys en Paynestrate. Mens kan nie slaap nie. Vir ons wat werk is dit n marteling… Geen rus nie! Dieselfde gedoef…. Doef….. Doef…. en geween dieselfde noot oor en oor. Vir ons wat in die …

Karin Els van Witpoortjie skryf:

Rerig mense! Elke liewe Vrydagnag ‘n gesing by die kerk op die hoek van Dirkie Uys en Paynestrate.

Mens kan nie slaap nie. Vir ons wat werk is dit n marteling… Geen rus nie! Dieselfde gedoef…. Doef….. Doef…. en geween dieselfde noot oor en oor. Vir ons wat in die omgewing woon is dit nou genoeg.

Regtig waar het daai mense nie ‘n lewe nie. Al die ander kerke weet daar is ‘n tyd limiet. Wens jul was hier om te hoor. So hou dit aan elke liewe Vrydagnag. Ons kan net nie meer nie. Dit beïnvloed ons werk vermoë die volgende dag. Ek ry ver en staan heeldag op my voete.

As ek nie konsentreer nie maak ek foute en verloor kliente. Wanneer gaan hul besef die wereld skuld hul niks nie. Laat hul dan elke Vrydagnag beurte maak om by die lede se huise te gaan chant! Dan sal ons sien hoe vinnig word hul stil gemaak.

Exit mobile version