LettersOpinion

Dis diere se natuur

Johan Coetzee van Reefhaven skryf: Ek is so twee Vrydae gelede deur drie Pitbulls baie goed bygekom. Met genade van ons Vader daar bo, is ek nou weer perdfris en gesond.Net ‘n bietjie kritiek aan die briefskrywer en bure wat die petalje gesien gebeur het: 1) Baie dankie vir die totale afwesigheid van probeer help.( …

Johan Coetzee van Reefhaven skryf:

Ek is so twee Vrydae gelede deur drie Pitbulls baie goed bygekom. Met genade van ons Vader daar bo, is ek nou weer perdfris en gesond.Net ‘n bietjie kritiek aan die briefskrywer en bure wat die petalje gesien gebeur het:

1) Baie dankie vir die totale afwesigheid van probeer help.( Ek weet dit sou ook gevaar vir hulle kon inhou.)

2) Baie dankie vir die eienaars van die honde se hulp met die wegkry van die honde tydens die aanval , sowel as al die mediese hulp na die tyd en nog steeds. Hulle het alreeds die nodige stappe geneem om soiets in die toekoms teprobeer vermy, asook die persoon wat die hek laat oopstaan het, baie ernstig aangespreek.

3) Vir die bure wat onmiddelik na die voorval uitlatings gemaak het van “ bel die polisie en lê ‘n klag. Of, kry die dierebeskermingsvereniging en laat die honde verwyder en vankant maak, die volgende:

a) Waarvoor hou mense groot honde aan? Hopelik as troeteldiere, asook, sou ek glo, as beskerming van jou as persoon , sowel as jou eiendom en omgewing. Ander weer hou groot honde, veral Pitbulls, aan vir onwettige hondegevegte. Dit is in my opinie, laasgenoemdes wat vervolg en toegesluit moet word.

b) Vermy die gewoonte om jou diere toe te laat om met jou hulp, sy geliefde boom op die sypaadjie te besoek en gagga boodskappe daar te laat. Hy of sy kan maklik deur bure wat nie wil of kan dink nie, se diere wat in die strate rondloop aangeval word, terwyl die geliefde boom of struik bemes word.

c) Probeer jou uiterste bes om jou diere in jou werf te hou. Dit veroorsaak net ongemak as ‘n dier die hasepad kies en vining vir jou weghol. Ek het persoonlik so ‘n keffertjie wat kan hardloop, blaf en ander diere op hol jaag. Dit kan ook veroorsaak dat honde oor mure spring en niemand verwag dit nie. Diere raak somtyds geweldig opgewonde en doen dinge wat ons dink onmoontlik vir hulle is

d) Onthou, dit is nie ‘n dier se skuld as hy of sy hulle omgewing beskerm nie!! Hulle doen maar net wat instinktief kom. Dit is hulle natuur.

e) Ekself het twee Rottweilers, wat wonderlike troeteldiere is, maar hulle is hier in die stad erfgebonde en kan knorrig en gevaarlik raak, indien ek hulle vrye teuels gee om te maak soos hulle wil , wanneer hulle wil. Almal van ons het ook nie die fondse om saam met ons diere vir opleiding te gaan nie.

Related Articles

Back to top button