LettersOpinion

Dis wat die wet sê

Chris Theron, afgetrede DBV senior inspekteur: Graag verwys ek na die skrywe van Anoniem van Lindhaven in the Roodepoort Record uitgawe van 25 September 2015 en wil die volgende onder die aandag van alle belanghebbende partye bring. Al drie partye, dws. Anoniem, die eienaar van die Pitboel sowel as die DBV, onder die Dierebeskermingswet, het …

Chris Theron, afgetrede DBV senior inspekteur:

Graag verwys ek na die skrywe van Anoniem van Lindhaven in the Roodepoort Record uitgawe van 25 September 2015 en wil die volgende onder die aandag van alle belanghebbende partye bring.

Al drie partye, dws. Anoniem, die eienaar van die Pitboel sowel as die DBV, onder die Dierebeskermingswet, het ‘n wettige verantwoordelikheid. Die wet, Die Dierebeskermingswet , Wet 71 van 1962 wat ‘n kriminele wet is stel dit duidelik onder klousule 2.1(r): “Misdrywe ten opsigte van diere,’n person deur op ligsinnige of onredelike wyse ‘n handeling te verrig of n ate laat, of die verrigting of nalating van ‘n handeling te veroorsaak of the bewerkstellig, ONNODIGE lyding aan ‘n dier veroorsaak, is behoudens die bepalings van hierdie Wet en enige ander wetsbepalings, aan ‘n misdryf skuldig!”

Dus Anoniem en die Pitboel eienaar wat deur hulle nalatigheid die oorsaak is dat hulle diere in ‘n geveg betrokke raak en sodoende onnodige lyding ondergaan, is albei skuldig!

Die DBV het ook ‘n praktiese en voorkomende rol en verantwoordelikheid. In Engels SPCA is hulle hoofdoel voorkoming van wreedheid (Society for the PREVENTION of cruelty to animals). Deur aan beide partye ‘n skriftelike waarskuwing uit te reik om hulle diere veilig binne hulle onderskeie eiendomme te hou, kan ‘n beduidende rol speel sou daar vervolging ingestel word. Deur die eienaars te onderrig en te waarsku het die DBV dus ook ‘n rol om te speel om onnodige lyding van die diere te voorkom.

Die eienaars behoort ook kennis te neem dat sou hulle honde mense in die straat beseer hulle bolotgestel word aan ernstige siviele eise sowel as kriminele vervolging.

Related Articles

Back to top button