LettersOpinion

Matriekafskeid – dit kan jou riuneer

‘n Matriek-ma van Roodepoort skryf: Ja-nee dit is sowaar ‘n gebeurtenis wat ‘n mens finansieel kan riuneer. Gelukkig is dit hierdie jaar my jongste en enigste dogter se beurt vir matriekafskeid, en o jinne! Pa moes alreeds vanaf Januarie begin “budget” om by te bly met die hele storie hoor. Maar ten spyte van die hele finansiele storie, dink ek …

‘n Matriek-ma van Roodepoort skryf:

Ja-nee dit is sowaar ‘n gebeurtenis wat ‘n mens finansieel kan riuneer.

Gelukkig is dit hierdie jaar my jongste en enigste dogter se beurt vir matriekafskeid, en o jinne! Pa moes alreeds vanaf Januarie begin “budget” om by te bly met die hele storie hoor.

Maar ten spyte van die hele finansiele storie, dink ek tog dis ‘n baie belangrike geleentheid, soos manlief altyd sê “ In vandag se lewe trou mense 3 tot soms 7 keer, maar daar sal altyd net een eie matriekafskeid wees. Ek onthou nog terug aan my eie baie spesiaale aand in 1989.

Ek wou so mooi rok gehad het, enige meisie se droom rok, my ma het toe besluit sy weet van beter en laat maak toe vir my ‘n rok deur ‘n vriendin, (net om ‘n sent of twee te spaar – daai tyd was my oudste sussie op Universiteit, ekke in Matriek en my jongste in kosskool) op die ou einde lyk ek toe soos ‘n varsgebakte koek wat flop. O aarde! Dit was ‘n totale nagmerrie! My hare, naels en wat ook al nog moes bykom is toe deur myself aanmekaar geplak want teen die oggend van die matriekafskeid was ek glad nie meer ingenome om te gaan nie.

Ek wou eerder my kop in ‘n muishond se gat gaan wegsteek het. Nie te min, het ek onder arres die matriekafskeid bygewoon, ek het maar net besluit om teen die agter mure te beweeg en nie die “limelight” te steel nie. Ek het gelukkig op ‘n plattelandse dorpie in Noord-Wes skool gegaan en ons ouers was dan ook genooi om die verrigtinge by te woon. Ek kon nie wag dat die toesprake en etery kon klaarmaak nie, dink die arme skoolhoof was nog besig om sy dankie toespraak te maak, toe verdwyn ek al badkamers toe en gaan trek my gewone “ baie meer geriefliker Denims en tekkies aan” en verdwyn by die agterdeur uit vir die “after party”.

Om terug te kom na die hede. Soos jy dan ook noem word die meeste skole in Roodepoort se matriekafskeide in Oktober gehou. So op die oomblik is dit ‘n absolute nagmerrie van rok soek, bybehore soek, haar afsprake ens. Ons was hoeka Saterdagoggend Oriental plaza toe om rok te soek, en weereens het ek besef, SHOPPING IS BESLIS NIE VIR MY BEDOEL NIE. My dogter soek ‘n “FIRE TRUCK RED” rok, geen ander kleur nie, net rooi, so die keuses is heelwat beperk aangesien rooi nou nie juis die keuse van baie ander is nie, BLOU, PERS, SWART en ROOM is volop beskikbaar maar nee sy soek ROOI. Sy het Saterdag seker 11 verskillende rokke aangepas maar niks is reg nie, as die hals nie te laag is nie, is daar te veel bling, of dis te kanterig, of te valletjies rig of die materiaal is nie sag genoeg nie, of sy voel net doodeenvoudig nie gemaklik daarin nie.

Ek sal graag vir haar die beste dag ooit wou gee, want daar is immers net een Matriekafskeid, maar somtyds is dit ongelukkig nie finansieel moontlik nie, Pap en tik gaan beslis ons voorland wees vir die volgende paar maande, want net die pryse vir ‘n simpel rok by Orientel Plaza wissel van R5000 waarvan die goedkoopste R2000 kos. Dan is dit nie eens Designer nie, maar hang daar 7 van dieselfde rok op die rak, dan praat ons nog nie eens van skoene en bybehore nie.

Ek hoop en bid net dat hierdie volgende paar weke vlot sal verloop en dat sy sommer binnekort haar “spesiale rok” sal opspoor en hopenlik bekostigbaar.

Sterkte aan al die ma’s en pa’s vir die tyd wat voorlê. Ek weet almal wil net die beste vir hulle kinders bied.

Related Articles

Back to top button