LettersOpinion

Wat word van ons land?

Anoniem van Discovery skryf: Ek sit hier en wonder waar ons land en sy mense nou eintlik oppad heen is? Ek loer veral na die huidige situasie by die Roodepoort Primary daar in Davidsonville en dan lees ek ook die verskillende opinies van die inwoners van Davidsonville en dan ook die plasings van die Roodepoort …

Anoniem van Discovery skryf:

Ek sit hier en wonder waar ons land en sy mense nou eintlik oppad heen is?

Ek loer veral na die huidige situasie by die Roodepoort Primary daar in Davidsonville en dan lees ek ook die verskillende opinies van die inwoners van Davidsonville en dan ook die plasings van die Roodepoort Record.

Roelien, as Redakteur van die plaaslike koerant wil ek jou regtig gelukwens. “Vrou, vat hulle vas!” Jy het sowaar “die balls.” As ek al die verskillende menings teen mekaar moet opweeg, dan kon ek tot my eie gevolgtrekking en dit kan dan ook verskil van ander maar nie te min.

Hoe pleit die mense van Davidsonville “geen rassisme” nie, as dit duidelik ‘n inwoner van die gemeenskap is wat met ‘n bordjie om die nek in die middel van ‘n straat toy-toy (saam met ander mede inwoners van die gemeenskap) op SABC Nuus waarin dit duidelik staan “Ons soek geen k** as hoof nie.

“Hoe pleit ‘n gemeenskap dom oor Rassisme, maar jou inwoners spreek ‘n ander beeld?

Dit is duidelik dat watter bewyse hulle ook al teen die vorige hoof en skoolraad gehad het, volgens ‘n audit nie bewys kon word nie. Om ‘n Internasionale auditeursfirma daarvan te beskuldig dat dit “Boetie vir Bladjies” is net omdat jy nie jou sin kry nie is verregaande.

Die “Opstokers” is nou besig om die een na die ander eksterne individu en organisasie te blameer , ek moes dit nogal verwag het. Almal kry die skuld van die Councillor tot die arme koerant en seker nou al die Polisie ook, almal behalwe hulself.

Om te dreig om die skool af te brand of om die busse waarin die kinders vervoer word met klippe te bestook of uit te brand? Is dit regtig ‘n antwoord of net sommer absoluut barbaas?

Deur dit te doen, wat gaan dit jou in die sak bring? dalk ‘n gratis maaltyd in ‘n tronksel? en wanneer die hele situasie uiteindelik (en mag daai dag sommer vinnig kom) opgelos word, waarheen gaan jy dan jou kind vat om sy skoolwerk in te haal, veral as jy die skool afgebrand het? Of gaan jy verwag dat dieselfde regering waarteen jy nou in opstand kom dit vir jou moet oorbou?

Die skool is gesluit weens die feit dat die inwoners en ouers die skool verrigtinge onderbreuk en die veiligheid van die kinders in die gedwang bring.

Elke ouer is veronderstel om sy kind op sy hande te dra, hom veilig te hou van gevaar en om seker te maak dat daardie kind ‘n opvoeding ontvang.

Nou swaai dit egter om, want hier neem jy “Die onrus en onveiligheid na sy plek van Opvoeding” en dan probeer jy vir almal bewys dat jy ‘n sterk meningspunt het, maar eintlik bewys dit net die teendeel, dat jy nie eintlik omgee vir die kind nie, maar eerder jou standpunt.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button