Ons by Laerskool Horison kyk na ons kinders

Douglas Campbell van Lareskool Horison skryf: Graag wil ons van die geleentheid gebruik maak om te reaggeer op die berig wat verlede week in die Roodepoort Record met die opskrif: How could parents be so cruel. By Laerskool Horison stel ons elke kind se veiligheid en welbehae hoog op prys. Geen leerders mag buite die …

Douglas Campbell van Lareskool Horison skryf:

Graag wil ons van die geleentheid gebruik maak om te reaggeer op die berig wat verlede week in die Roodepoort Record met die opskrif: How could parents be so cruel.

By Laerskool Horison stel ons elke kind se veiligheid en welbehae hoog op prys. Geen leerders mag buite die hekke wag vir hulle ouers nie, maar dit gebeur dat ouers ons reëlings verander as gevolg van ongeduldigheid.

Ons het in die laaste jaar addisionele sekuriteitswagte aangestel wat help met die veiligheid van alle kinders gedurende die aflaai voorskool en oplaai na skoolure. Een sekuriteitswag het ook opgedrag om onder geen omstandighede sy skof te verlaat voordat elke kind deur sy ouer/voog opgelaai is nie.

Natuurlik kan dit gebeur dat ouers in ons moeilike ekonomiese omstandighede vêr van die skool af werk en of deur die huidige “loadshedding” vanaf Sandton vasgevang word in verkeer en die betyds (voor 6nm) hulle kinders kan oplaai nie.

Hierdie ouers word dan ook gekontak omdat ons besorg is oor die veiligheid van leerders. Ons maak reeds hiervoor voorsiening deur die sekuriteitswag wat omsien na die veiligheid van daardie kind/kinders voordat hulle ouers/voogde hulle afhaal.

Die saak is intern aangespreek met die spesifieke ouers en alternatiewe reëlings is gemaak vir die toekoms.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version