Wie beskerm ons?

Ben Moolman van Roodepoort skryf: Ons het verlede Vrydag (10 Julie) vroegoggend na Nelspruit vir doeleindes van ‘n begrafnis vertrek. Nagenoeg 14h00 het ons ‘n SMS gekry dat daar by ons huis ingebreek is. Ons was in Nelspruit as familie saam en dit was in daardie stadium uiters moeilik om na Roodepoort terug te keer. My seun het met …

Ben Moolman van Roodepoort skryf:

Ons het verlede Vrydag (10 Julie) vroegoggend na Nelspruit vir doeleindes van ‘n begrafnis vertrek. Nagenoeg 14h00 het ons ‘n SMS gekry dat daar by ons huis ingebreek is. Ons was in Nelspruit as familie saam en dit was in daardie stadium uiters moeilik om na Roodepoort terug te keer. My seun het met die sekuriteitsmaatskappy (Subrosa) gereel dat hulle ‘n wag by die huis tot die volgende dag plaas. Ek kon die nag nie slaap nie en het in talle gebede gevra dat ons huis beskerm sal word en dat die diewe wat ingebreek het nie die huis sal vind om ‘n tweede aanslag te loods nie.

Ons is die Saturdagoggeng redelik vroeg in Nelspruit weg. Oppad terug het ek gedink aan die konsekwensies van ‘n inbraak en dat die motorhek, voordeurhek en voordeur oopstaan. Toe ons by die huis aankom het ons onmiddellik gemerk dat Subrosa se voertuig in die pad voor ons huis staan en dat ‘n gewapende wag oor die huis waghou.

Ons het afgeklim en in die huis ingestap. Daar was niks gesteel nie. My laptop het ongeskonde onder die lessenaar gele. Jan Venter van Subrosa het gese dat hy vermoed hy die potensiele diewe verjaag het deur een minuut nadat die alarm afgegaan het op die huis toe te sak. Ek was uiters verlig om hierdie toedrag van sake te ervaar.

Mnr Kleynhans, bestudende direkteur van Subrosa, se dat dit dikwels gebeur dat hulle binne enkele minute op ‘n huis waar die alarm afgegaan het, toesak. Dit sou selfs moontlik wees om “stil alarms” te gebruik om diewe, sonder dat hulle ‘n alarm hoor, te verjaag. Ek het lank oor hierdie gebeurtenis nagedink. Dit help nie ons het sekuriteitsmaatskappye wat nie onmiddellik toeslaan nie. Die vinnige reaksie van sekuriteitsmaatskappye is van kritiese belang.

Ons kan nie van sekerheidsmaatskappye gebruik maak wat Godswater oor Godsakker laat loop nie. Die gebeurtenis wat by my huis afgespeel het is beslis iets buitengewoon wat die kritiese en ontledende denke van almal in hierdie aria vereis. Hoe bestuur ons die veiligheidsituasie rondom ons huise? Wat sou gebeur het as ons by die huis was toe die diewe ingebreek het? Wat sou gebeur het as die potensiele diewe die volgende dag teruggekom het?

Wat sou gebeur het as Jan Venter nie so vinnig op die potensiele diewe toegesak het nie? Gelukkig het ons ‘n Skepper wat na ons omsien maar ons het self werk om te doen/besluite om te neem/voorsienings om te maak rondom die sekuriteitsmaatskappye wat ons vra om na ons huise om te sien.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version