Dankie vir puik diens

Ek wil net baie baie dankie sê vir Roodekrans Buurtwag Andreas en sy span se vinnige optrede Saterdagaand. Ons het gebraai saam met my swaer-hulle, my vrou het in ‘n stuk vleis verstik, ons het alles probeer om my vrou se lewe te red, ek het op die radio van die buurtwag geskree om hulp en hulle was …

Ek wil net baie baie dankie sê vir Roodekrans Buurtwag Andreas en sy span se vinnige optrede Saterdagaand.

Ons het gebraai saam met my swaer-hulle, my vrou het in ‘n stuk vleis verstik, ons het alles probeer om my vrou se lewe te red, ek het op die radio van die buurtwag geskree om hulp en hulle was binne vier minute daar om te help. My swaer Willem kon haar toe help maar die ondersteuning was puik. Twee dae na ons nog van die trauma herstel daag Andreas en sy vrou op om te kom kyk of alles in orde is.

Baie dankie julle ons waardeer dit regtig baie. Roodekrans Buurtwag is puik. In ‘n oogwink kan alles verander. Vergewe en gee liefde met jou hele hart. Niemand weet of daar more nog ‘n geleentheid gaan wees nie.

Exit mobile version