Rus sag ons Buddy

MA Toerien van Mindalore skryf: Op 29 April is ons geliefde Jack Russel – Buddy, wat net een jaar oud is, wat per ongeluk uit die erf gekom het, terwyl ons by werk is, en die straat gaan verken het, deur ‘n Spoedvraat met ‘n Maroen voertuig op Main Reef Road, tussen Corlette en Generaal …

MA Toerien van Mindalore skryf:

Op 29 April is ons geliefde Jack Russel – Buddy, wat net een jaar oud is, wat per ongeluk uit die erf gekom het, terwyl ons by werk is, en die straat gaan verken het, deur ‘n Spoedvraat met ‘n Maroen voertuig op Main Reef Road, tussen Corlette en Generaal Pienaar dood gery.

Mnr / Me – Jy’t nie eens menslikheid gehad om te stop en te kyk of ons mense diertjie “gered” kan word, of selfs net sy liggaampie uit die straat te neem en op die gras van die middelman ten minste te plaas nie. In die kort afstand tussen die twee verkeersligte moes jy natuurlik met ‘n hengse spoed jaag! Ek het so seer en die trane rol aaneen. Ek neem aan jy het nie diere of kinders nie? Jy weet nie wat liefde is nie. Want geen mens met ‘n gevoel sal so iets doen nie, en boonop het jy weggejaag! Sies vir jou…

Weet jy in watse trane en hartseer jy ons gesin laat? Dis ons diere-kind, so oulik, gehoorsaam en slim, maar tog baie op-en-wakker. Hy’t jou nie leed aangedoen nie, so waarom het jy het hom leed aangedoen? Sy naam se presies wat hy vir ons was – hy was ons Buddy! Net kortliks, ek het onmiddelik ‘n gebed gedoen, en die liewe Vader gevra om jou nooit ‘n pa/ma of ‘n diere-eienaar te maak nie. Jy is dit nie werd! Mag jy slaaplose nagte he!

Party mense gaan sê: Hoekom is diere in die straat? Wel dit gebeur, hul is soos kindertjies, wil alles gaan verken, sodra hul die geleentheid kry. Maar dit moet enige bestuurder van ‘n motor weet. Veral in ‘n bewoonde gebied. As die oë op die pad is kan spoed verminder word, of getoet word. Ek maak seker dis veilig agter my, en ek slaan rem aan om nie ‘n diertjie raak te ry, dood of te beseer nie Dit kon net sowel ‘n mense-kind gewees het wat dood gery was!

Rus sag ons geliefde Buddy – jy sal altyd in ons harte wees. Lief jou baie.Jou mense ouers en gesin.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version