LettersOpinion

Jy het my lewe gered

Ek rig die brief as dankbetuiging aan ‘n seun, 17 jaar oud wat my lewe gered het. Ons Desember kamp vakansie vir 2014 het ons as gesin in die suide van Mosambiek deurgebring. Alles het vlot verloop en dit is regtig ‘n mooi plek met alles wat hulle bied. Oujaarsaand sou ons vining braai en …

Ek rig die brief as dankbetuiging aan ‘n seun, 17 jaar oud wat my lewe gered het.

Ons Desember kamp vakansie vir 2014 het ons as gesin in die suide van Mosambiek deurgebring. Alles het vlot verloop en dit is regtig ‘n mooi plek met alles wat hulle bied. Oujaarsaand sou ons vining braai en dan strand toe vir die feesvierings 12 uur. Ek het gesit en eet en die volgende oomblik sit die stukie vleis in my keel vas, ek het stilweg probeer sluk, spoeg ens. maar sit het hy gesit. Noodgedwonge moes ek maar opspring en my vrou se hand gegryp om te verduidelik wat aangaan, wat ‘n penarie, want sy dra nie kennis van enige noodhulp ens.

Ons vriende se seun het nie gehuiwer, opgespring en dadelik die “Heimlich maneuver” op my toegepas omrede ek op daai nie meer kon asemhaal. Dit was ‘n sekonde of so toe is die stukkie vleis uit en ek het weer gevoel soos ‘n nuwe mens. Graag wil ek dan dankie se aan Arno du Plessis van Roodepooort, jy is my “life saver”, ek het ‘n lewe danksy jou.

Mens besef net meer en meer hoe belangrik dit is om ‘n persoon in jou groep saam teneem wat mediese kennis dra.

Related Articles

Back to top button