Sy nagedagtenis sal voortleef

Vyf weke gelede is my man, Jaco Moorcroft, skielik en sonder waarskuwing oorlede aan ‘n hartaanval, in sy klaskamer by Laerskool Dr Havinga, voor sy Graad 5 leerlinge. Dit was ‘n groot skok vir ons almal. Ek wil graag met hierdie briefie my dank betuig aan almal wat hom, my en die kinders en ons …

Vyf weke gelede is my man, Jaco Moorcroft, skielik en sonder waarskuwing oorlede aan ‘n hartaanval, in sy klaskamer by Laerskool Dr Havinga, voor sy Graad 5 leerlinge. Dit was ‘n groot skok vir ons almal.

Ek wil graag met hierdie briefie my dank betuig aan almal wat hom, my en die kinders en ons familie bygestaan het in hierdie moeilike tyd. Eerstens aan Mnr Christiaan Boshoff, my man se kollega, wat hom gehelp het in die klas tot die paramedici opgedaag het. Al die paramedici, en spesifiek Denver, die hoof, Mnr Leon Visser, al die ander Havie personeel-lede, die personeel van Martins Roodepoort en al die familie, vriende, kollegas, ouers en leerlinge vir hulle hulp, bystand, ondersteuning, mooi boodskappe, blomme, kaartjies, oproepe en besoeke. Ons waardeer dit opreg en dit beteken baie vir ons.

Hy was ‘n wonderlike man en pa, maar ook was hy ‘n onderwyser in murg en been, ‘n man wat in menige kind se lewe ‘n verskil en impak gemaak het, meer as wat ons en selfs hy besef het. Die oorweldigende reaksie op sy afsterwe het ons meer as een keer verstom. Sy nagedagtenis sal voortleef in ons almal se harte.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version