LettersOpinion

Maak ons meer weer veilig

Ons stel nie belang is jou verskonings nie.

Is dit moontlik om ‘n gemeenskapsbuurt te skep?

As jy nie eers die huidiglike Floridameer kan behartig nie. Jy praat van ‘n 30 jaar droom om al die fantastiese dinge (volgens jou) te doen, maar gaan kyk net hoe die plek lyk op Sondae.

Amper twee maande gelede het die wind bome en takke omgewaai wat bo-op ‘n elektrise kragdraad geval en sodoende die paal omgetrek het tot op die grond. Dit lê nog net so (veilig? Wie is in beheer?)

Sondae lyk dit soos ‘n varkhok. Die putt-putt gebou was afgebreek om plek te maak vir ‘n murasie. Ek het al gekla oor die toestand van Reidstraat langs die voetbalveld. Dié straat word gebruik as ‘n stortingsterrein. Dit wemel van die rotte en muise wat nou ons huise betrek.

Nog ‘n Alex, word daar iets aan gedoen? Nee!

Ek dink nie ons stel belang in jou droom om ons pragtige meer te verander in ‘n meer met duisende mense en leeglëers wat die plek nog erger gaan maak nie.

Al wat ons vra is maak ons pragtige Floridameer veilig, skoon en rustig waar mense kan stap en rustig verkeer soos wat hy was jare gelede.

Ek is seker daarvan dat daar mense is wie saam met my sal stem.

Related Articles

Back to top button