Dankie vir al die omgee

Baie dankie aan al die personeel van Karlien en Kandas vir julle omgee en liefde.

Ek kan nie genoeg vir die onderwyseresse van Karlien en Kandas dankie sê vir wat julle in die laaste drie jaar vir my dogtertjie gedoen het nie. Ons as ouers besef nie aldag watse groot rol julle in die klein mensies se lewens speel nie.

Ek wil net vir elkeen van julle baie dankie sê vir al julle moeite, julle harde werk en julle omgee vir ons kindertjies. Dit vat ‘n spesiale mens om met soveel klein kinders te werk. Dit was vir ons ‘n seen om deel te kon wees van die skool en om my dogtertjie so gelukkig te kon sien maak enige ma se hart beter voel.

Dit is met ‘n seer hart wat ons totsiens sê vir julle, want ek weet Twanét gaan julle almal vreeslik mis. Al die spesiale geleenthede en konserte was ‘n hoogtepunt in ons kinders se jaar en elke jaar doen julle soveel moeite om dit vir hulle spesiaal te maak.

Baie dankie vir elkeen van julle. Adrie, Annemarie, Carin, Amanda, Mariet, Elna en ook Lizzy in die kombuis en Sindisile. Mag julle nog baie jare kleuterskool lekker maak vir kindertjies.

Exit mobile version