LettersOpinion

Manne om op trots te wees

Gelukkige Apcan-kliënt van Florida Hills skryf: Die Apcan-manne van Florida Hills is ‘n ware bate vir ons. Veral Marius en Johnny (en nou die nuweling …Geys). Hulle stuit vir niks en niemand om ons te beveilig nie. Altyd vriendelik en behulpsaam, gaan hulle baie keer beyond the call of duty. Altyd daar wanneer hulle benodig …

Gelukkige Apcan-kliënt van Florida Hills skryf:

Die Apcan-manne van Florida Hills is ‘n ware bate vir ons. Veral Marius en Johnny (en nou die nuweling …Geys). Hulle stuit vir niks en niemand om ons te beveilig nie. Altyd vriendelik en behulpsaam, gaan hulle baie keer beyond the call of duty. Altyd daar wanneer hulle benodig word, en hul reaksietyd is fenominaal. Ek self het dit al beleef toe ‘n verdagte rondloper hier voor my deur verjaag is. Binne ‘n minuut was die Apcan-motor voor my deur nadat ek ‘n WhatsApp gestuur het. Toe ek een aand baie laat op pad huis toe is, het ek ‘n WhatsApp gestuur so vyf minute voor ek by my huis sou arriveer. Toe ek daar kom, staan die Apcan-patMannrolliemotor klaar voor my garage en het daar gestaan en wag totdat ek my motor gebêre het en veilig in my huis agter slot en grendel was. Nee wat, die kriminele staan nie ‘n kat se kans met hierdie manne in die omtrek nie. Deesdae loop hulle maar lig vir die Apcan-voertuie en hul manne wat so waaksaam is. Dit sal ‘n groot verlies wees as ons Apcan-manne uit Florida Hills moet beweeg, dis nou maar wors. Geen ander sekuriteitsfirma kan kers vashou by hulle nie. Hulle verdien om waardeer te word. Dis vir my ‘n voorreg om die Apcan-bordjie teen my muur te hê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button