LettersOpinion

Skaam julle!

Satanisme is nie aanvaarbaar nie.

Riaan, ons is geskok om te sien dat jy die duiwel soveel blootstelling in ‘n plaaslike koerant kan gee om die minste daarvan te sê! Die duiwel is ‘n werklikheid en ons moet hom nie onderskat nie. Jy het ‘n deur op jou oopgemaak net om sensasie in ‘n koerant te skryf!

Alle ouers met tieners kon seker ook nie hul oë geglo het nie!

So ‘n artikel is net die laaste strooi vir sommige kinders wat op daardie ouderdom baie vrae het om ook deel van die sataniste te word of dalk die pad heeltemal byster te raak! Jy is die publiek ‘n verskoning skuldig!

Ek het in ‘n vorige skrywe verduidelik dat dit nie Riaan se besluit was nie en daarom kan hy nie verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie. Ek het ook verduidelik hoe die storie begin het. Ek is jammer dat ons so iets geplaas het. Ek bied ook graag ruimte vir die klagtes en argumente — Red.

Related Articles

Back to top button